Author Topic: anderste vakansie 1  (Read 6292 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
anderste vakansie 1
« on: March 19, 2013, 03:24:55 AM »
wees gewaarsku dalk is dit 'n lang storie, dalk nie,  maar hiers baie fotos, hoop julle hou daarvan.sal in 11 afdelings van 10 fotos elk vertel en ek sal maar sien hoe my borduur om die fotos uitkom.

lyk my ek kan net storie vertel soos kleintyd se fotoverhale, soos mark condor en ruiter in swart ens. sonder fotos is daar nie baie storie nie.


Dinsdagoggend breek die dag rooi op die horison en ek sê vir Johan hier aan my regterkant: "Ons is nou oppad Chinatown toe" Wil hy weet hoekom dan so. "Die son gaan nou nou in ons oë skyn en dan sit ons skrefies ogies en kyk” antwoord ek hom.

Dis iewers in die karoo, voor Laingsburg en ons ry noord. Johan bestuur en ek hou geselskap.
Ons ry met 360 kw in die enjin, die ryding kos R2 miljoen rand en is 'n Mercedes Benz. Ek voel soos 'n ryk man, Johan is my chauffeur......ek sit links voor. Die enjin kan ons skaars hoor, net so veraf pppppuuurrrr as jy oplet daarvoor en ons kan gemaklik gesels. Selfs ek wat half doof is kan mooi na Johan se stories luister.



Teen die opdraande gaan dit ook goed, 480 perde krap jy nie agter enige bos uit nie, maar  hulle wil kos ook hê. Gelukkig hoef ek nie brandstof bydrae te maak nie, is saam genooi dat ek net my kos en slaappelk hoef te betaal. Ons het sommer klompie toebroodjies ingepak vir die eerste dag sodat ons nie onnodig hoef te stop nie, eet sommer in die ry en sluk die broodjies met koffie af.

Nogal interessant dat iemand anders se padkos  lekkerder smaak as jou eie. Riana, Johan se vrou het lekker kos ingepak, sy was bang ek kry honger en sê dan Johan sorg sleg vir my oppad en dan wil ek nie weer eendag saamry nie.

Ons stop nie om te eet nie, dit mors tyd en die pad is lank, wil darm Bloemfontein haal voor dit te laat is. Sal sommer by die padwerke se stop/ry 'n bossie soek en plan maak vir draailoop.....sulke tye dat mans bly is hulle is mans, spaar baie tyd oppad met ons manier van doen.



Padwerke: Elkeen het seker sy/haar eie sieing oor padwerke. My broer het my geleer jy kan kla oor slaggate in die pad of oor padwerke maar nie oor al 2 nie. Dan kla ek liewer oor slaggate want ek het in Mosambiek en Malawi gesien hoe kan paaie na paar jaar van geen padwerke en verwaarlosing lyk..
Ek sien padwerke as ‘n geleentheid om bene te rek, en sommer geselsie aan te knoop met iemand vreemd. ‘n Vreemdeling is mos ‘n vriend wat nog onbekend is.

Ek het ook baie respek vir die padwerkers, ek was met diensplig  self ‘n padwerker…..aanloopbane gebou. Die werk gaan aan in wind en weer en warm son en op koue dae. Werklik ‘n ondankbare werk en soms baie verveeld ook. Ek maak ‘n punt daarvan om vir hulle vriendelik te groet en dan kry jy baie keer ‘n vriendelike wuif en glimlag terug en dan weet jy, jy het bietjie lig in sy/haar lewe gebring.
Ek is dankbaar daar is mense wat bereid is om die padwerk te doen anders moes ons deur die veld ry om iewers te kom.

Op die rit waarmee ons besig is, is die begrip van spoed, tyd, afstand, brandstof verbruik en  hoeveel brandstof ons ingooi so effens anders as waaraan ek gewoond is. Dink net wat kan 360 kw in die enjin als vermag……hier praat mens beslis van ander soort van spoed as 120 km per uur, en  nie van 10 tot 15 km per liter nie. Baie perde wil kos hê om te kan werk.

So stoot ons maar aan, enjin ppppuuuurrrr soos ‘n gelukkig kat. So hier en daar is daar stop/ry padwerke, maar ons kla nie, dit gee kans om uit te klim, bene te rek en die vars ( koue) karoolug te voel en ruik. Sommer so paar fotos ook neem, want ek het ‘n nuwe speelding gekry, ‘n Kanon SX 20  IS waarmee ek baie gelukkig is en sommer so in die ry ook speel en kyk wat se fotos ek kan neem. Die ding het immers ‘n beeld stabiliseerder en ek beproef dit tot die uiterste om fotos in die ry te neem. Tyd vir onnodig stop is daar nie. Na Bloemfontein wag Pretoria ook, ons eintlike bestemming.  Ek maak plan en dink ek gaan vir Johan voorstel dat ons my broer vra om by hulle oor te slaap in die Blou? stad

By die padwerke se gewag knoop ons ook nie geselsies aan met die mense wat agter ons stil hou nie, so 25 meter agter ons, dalk was hulle bang vir ons “size”? As hulle dan nie wil nader kom nie dan maak ons ook so en gaan ook nie nader nie.

Kan ook nie te vinig ry nie want mens weet nie waar kruip die ouens weg nie.



Vroeër die oggend het ons brandstof op Touwsrivier ingegooi. Johan weet al teen die tyd waar is die vriendelike vulstasies en  elkeen kon 1 beker koffie gratis en verniet kry omdat daar meer as 400 liter ingegooi is.






Op Baufort Wes weer diesel gegooi en die ruit laat skoonmaak. Daarvoor het jy ‘n besempie nodig want met die gewone ruitskoonmaak spons kom jy nie by nie.





Ry by drie susters verby en na ek die foto geneem het en vir Johan gewys het, wonder ons waar is die ander 2 susters dan.



Die karoo se kenmerk. Die windpomp is vir my ‘n simbool van geduld. Aanhouer wen, moet net nie ophou nie, die langste reis begin met die eerste treë, uithouvermoeë, wilskrag, doen jou deel elke dag al is lyk dit na min of al dink jy dit word nie raakgesien nie. Op die ou end sal die dam wel vol word. Moet net nie toelaat dat die wind uit jou seile (lemme) gehaal word nie.






Richmond se ster wat jy sien waneer jy nader aan die dorp kom. Ons het hom gemis want die diesel sou ons nog ver neem want die wind waai nie van voor nie.





Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anderste vakansie 1
« Reply #1 on: March 19, 2013, 04:47:33 AM »
Ek geniet!!!

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: anderste vakansie 1
« Reply #2 on: March 19, 2013, 06:35:18 AM »
Oe AB hou aan, ek is nog te stupid om myne te plaas! Dankie dankie ek ry weer saam! Jy vraag waar die anner twee susters dan is! Weet jy nie? Hulle het gaat shop mens, dis nooit anners nie!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anderste vakansie 1
« Reply #3 on: March 19, 2013, 06:39:17 AM »
Jy moet laat AB jou beduie hoe om dit te plaas Neefgoed. Ek gebruik Photobucket se gratis program. Mens laai dit daar en dan copy jy die skakel en plaas dit hier. As jy dan preview druk verskyn jou foto en as jy happy is, druk jy POST en walla. Jou kiekie pronk op sy plekkie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: anderste vakansie 1
« Reply #4 on: March 21, 2013, 01:50:38 PM »
Ek sou nou hierdie stukkie in die boek wou sien AB met die fotot van die windpomp en onderstaande byskrif wat jy so pragtig stel!

Die karoo se kenmerk. Die windpomp is vir my ‘n simbool van geduld. Aanhouer wen, moet net nie ophou nie, die langste reis begin met die eerste treë, uithouvermoeë, wilskrag, doen jou deel elke dag al is lyk dit na min of al dink jy dit word nie raakgesien nie. Op die ou end sal die dam wel vol word. Moet net nie toelaat dat die wind uit jou seile (lemme) gehaal word nie.
Om te weet is om te verstaan.