• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sommer 'n klomp limerieke

Started by Marius, February 21, 2013, 10:40:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dankie Marius, ek het dit baie geniet.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lekker tong in die kies leesgenot voorwaar Marius  :notworthy: :icon_salut:

Ans Botha

Hierdie een gaan lekker sing en 'n treffer wees!

Marius

O Fanie Fourie se lobola!
Boere kan sy fliek mos nie verdra.
As hy sy cheri soen,
wil hul hom iets aandoen.
Oor hy hĂșlle bloeddruk so opja!


Klieketie kliek ons krag het 'n triek
Ons koop dit deesdae gin meer op tiek
Want dan sien jy daai bill
Gee jou sterre 'n gil
En los onderbroekmerke van briek!


Ken jy die padvalk van Benoni
Moet tog nie met hom stry of moun nie
Glip 'n noot in jou boek
Dis net waar hy hom soek
Hy sal jou nooit lank besig hou nie!


:glasses9:

PM

Ek het dit geniet en sal sekerlik nog weer en weer 'n draai kom maak.  Dankie vir die deel Marius.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jou humoristiese limerieklyne bring altyd 'n wye glimlag op my gavreetjie Marius  :notworthy: :hello2:

Marius

'n Ou had huurders wat nie wou trek.
Die Hof sĂȘ hom sy saak's gladnie sterk.
Hul sit gratis en squat,
maar gee toe gou-gou pad.
Nigerians het sake gewerk.

:glasses9:

Meraai vannie Baai

Ek sluip tussen woorderwe en geniet myself  :headbang: