• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bundel insetsels Marius buys - Uit die graf van Afrikaans

Started by Marius, July 09, 2013, 03:20:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Marius

Uit die graf van Afrikaans

So seker soos die styg en val van see,
soos winter wat aan lente oor moet gee,
staan ek steeds op.
Skryf maar my taal in jou geskiedenis in
met bitter en verdraaaide leuns.
Vertrap my in jou kultuur-modder in
maar steeds soos stof slaan ek op.
Laat my arrogansie jou onwel? 'n Kwaal? 'n Kwel?
Verkies jy my gebroke?
Kop omlaag en oë gedwee?
Skouers wat hang? 'n Slawesang?
Nee.
Met my stap hoogdrawend
en my kop omhoog
my lag uit die maag,
met kleure van 'n hele héle reenboog:
grou ek steeds, vir goud, in ons grond!
Moor my maar met woorde,
skiet my met vonke uit jou oë,
kapmes my oop met haat -
maar steeds styg ek,
soos lug,
op.
Deur gerugte van vrede,
uit die pyn van die hede,
ten spyte van vergrype,
ter wille van die toekoms,
oor die grond van ons álmal se voorvaders,
in die breek van 'n nuwe dag,
stýg ek,
op,
en op
ên op!

Kopiereg Marius Buys 2013

Fransi

Sjoe, hierdie is regtig puik geskryf.

Kunstenaars (van al die kunste)  was altyd en sal seker vir ewig die mense wees wat die geskiedenis (hulle hede) vasvang, sosiale kommentaar lewer op 'n wyse wat opbouend is of kan wees. Ons skep skoonheid, selfs en dalk juis oor dinge wat swaar druk. Ek weet nie of ek myself nou verstaanbaar uitdruk nie, maar dit laat my dink aan een van Ruben se skilderye wat eintlik 'n geskiedkundige gru-verhaal, stryd, dood, geweld uitbeeld, maar wanneer 'n mens daarna kyk laat dit trane in 'n mens se oë, omdat dit majestieus is. Beeldskoon. En 'n mens ten spyte van die tema, hoop en verwondering ervaar.

Jeannedarc


PM

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle