• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soms so helder soos daglig gedurende 'n stormagtige nag

Started by Meraai vannie Baai, January 14, 2013, 03:24:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die fotos het Outoppie sekondes uitmekaar geneem. Die storm het ons vir amper 12 ure sonder kragtoevoer gehad en amper katastrofiese gevolge  :icon_bigsmurf:











PM

Uitstekende foto's.  Dit is nie maklik om weerlig af te neem nie.
Die kontras wat 'n weerligstraal veroorsaak is asemrowend. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Voorwaar is dit altyd 'n groot uitdaging om dit te probeer vasvang PM. Nogals 'n 'scary' ervaring ook. Kleinkind en Outop hulle verkneukel in my gille en om die huis te haal in rekord spoed. Het onder die afdak gestaan en wag met my kamera maar daardie knalle was een genoeg  :icon_bigsmurf:

Fransi

 :icon_biggrin:

Ek en my kat soek ook dikwels holtes op as die slae so hard klink. Ek in die bed, onder die duvet en sy onder 'n stoel.  :icon_biggrin:

Dit is ontsagwekkend en asemrowend.

Meraai vannie Baai

Giggel ek vir jou en kat Fransi  :icon_biggrin: Bly julle het ook geniet  :notworthy:

PM

 :icon_biggrin:  Ek kruip sommer onder die bed weg.  As die weerlig so slaan dan kry ek hartkloppings!
Ons het 'n Staffie gehad.  Sy was verskriklik bang vir swaarweer en klappers.  Sy sou sommer op my skoot kom spring en haar kop onder my arm indruk.  Ek glo nie sy het geweet dat sy eintlik vir my 'n groter troos was as ek vir haar nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit is so waar, 'n dierelyfie teen jou laat jou eie hartkloppings effens bedaar. :-)

:icon_biggrin: ek sĂȘ gewoonlik vir myself dat jy eintlik vir die lig moet skrik en nie vir die klank nie, maar my lyf luister nie.  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Hulle beweer dat om 'n dier te streel jou bloeddruk laat daal. Lyk my mos dit werk vir weerligstres ook  :icon_biggrin: My lyf wil ook nie luister nie julle, as ek my kom kry is ek klaar op 'n ander plek.