• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gebraaide hoender rys

Started by Terry, October 19, 2012, 12:18:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Bestandele:

500gram Ongevriesde hoenderborsies
1 Koppie gevriesde ertjies
2 Eiers
1 Potjie klaargemaakte basmati rys (moet verkoel wees)

Metode:

Sny die hoenderborsies in klein repies en marineer in so 4 eetlepels sojasous vir 30 minute.  Maak dan jou wok lekker warm en gebruik 'n teelepeltjie olie.  Braai jou gesnyde hoenderborsies.  Wanneer die hoender gaar is, voeg die koue rys by.  Sit dan die ertjies by en roer alles saam en laat braai vir 5 minute.  Breek dan die 2 eiers bo-oor en begin roer sodat die eier goed inmeng met die res van die bestandele.

Braai net totdat die eier gaar is.

Voor jy op bedien, roer so 3 eetlepels sojasous deur die rys.

Chinese kos was nog nooit makliker as hierdie nie :-)



PM

Baie dankie.  Ons sal maak en geniet hoor! 
Om te weet is om te verstaan.