• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die woordmandjie

Started by PM, August 10, 2012, 09:54:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier kan almal kom woordjies, frases, of enige onderwerp  plaas waardeur Raaitjie sal kom sif om in die woordskuur te verpak sodra sy weer kans sien. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier is 'n skakel wat werklik pragtige Afrikaanse inligting bevat.  Onder andere is hier 'n lys van idiome van A-Z. 
Ek het ook CJ Langenhoven se "quotes" hier gekry.  Lees dit gerus. 
Die naam is:   And I quote.  So gepas!

http://www.andiquote.co.za/idiome.html
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ek plaas hierdie hier vir jou Raaitjie.  Jy kan dit verpak waar jy dit graag wil hê. 

http://www.proagri.co.za/oppiestoep/boer-se-lag/Jongman-soek-plaaswerk.html

Jongman-soek-plaaswerk

Het ervaring in:

•    Die verkeerde perd opsaal
•    Te veel hooi op die vurk laai
•    'n Eiertjie bylê
•    Jongosse inspan
•    Katte skiet
•    Ou koeie uit die sloot grawe
•    Met die hele mandjie patats uitkom
•    Deur die wingerd loop
•    Wrange vrugte pluk
•    Die put demp as die kalf verdrink is
•    Die room afskep
•    Op eiers loop
•    Balke saag
•    Twak verkoop
•    Appels swaai
•    Wys waar Dawid die wortels begrawe het
•    Pêrels voor die swyne werp
•    Met anderman se kalwers ploeg
•    Met die hoenders gaan slaap
•    Die bul by die horings pak
•    Vir wolf skaapwagter maak
•    Gods water oor Gods akker laat loop

– Dom Boer
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is kostelik! Duisend dankies mater vir die ene. Hy is nou uitgestal op 'n rak in ons eie woordskuur:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2510.msg16443#msg16443

PM

Dankie Raaitjie, ek kan nie wag vir Naas nie.  Hy gaan natuurlik nog 'n paar kom byvoeg.   :hello2:
Dalk is hier nog iemand wat wil kom saamspeel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Plekke geboek vir Naas se wyshede en dalkies ander maters sin ook  :book1:

Meraai vannie Baai

#7
In die woordmandjie vanoggend, AB se kostelike uitdrukking vir die 'instrument' wat gebruik word in 'hurling': Paplepel......mmm hokkiestok met 'n groot kop.
:book1: :notworthy: :icon_salut:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3835.msg24624;topicseen#msg24624