• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uittelrympies

Started by PM, December 19, 2015, 01:26:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Wie onthou nog die uittelrympies en wie kan nog byvoeg?

Uittel rympie

Ina, dina, daina, dou,

skotle, fina, faina, fou,

ing, ping, die muskadel,

kom verby, jou vrotte vel.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Olke bolke riebieke stolke
Olke bolke knor
Errie tjerrie tjiekerie tjerrie
Errie tjerrie tjorts!

In die huis is 'n kamer
In die kamer is 'n kas
In die kas is 'n laai
In die laai is 'n brief
In die brief staan:
Jan Pampoen,
Sy het jou lief.

En as Oupa nie geluister het nie...

Inke pink
Wie poep so stink?
Jy is die kaal hol
val uit ou p%$pol.


:mumum:

PM

 :sign10:  Assie, ek lag dat die bure kom kyk wat gaan aan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Koljander so deur die bos
Jou mamma kook lekker kos
En nou's die duiwel los
Een twee drive
Jy's uit.

Kiepie kiepie hier
Kiepie kiepie daar
Ons bly hier
En jy is klaar.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Bulder ek onvroulik vir Outop wakker.

PM

Pragtig.  Lekker om weer te onthou.
Om te weet is om te verstaan.