Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: PM on December 19, 2015, 01:26:44 PM

Title: Uittelrympies
Post by: PM on December 19, 2015, 01:26:44 PM
Wie onthou nog die uittelrympies en wie kan nog byvoeg?

Uittel rympie

Ina, dina, daina, dou,

skotle, fina, faina, fou,

ing, ping, die muskadel,

kom verby, jou vrotte vel.
Title: Re: Uittelrympies
Post by: Assie on December 19, 2015, 02:22:38 PM
Olke bolke riebieke stolke
Olke bolke knor
Errie tjerrie tjiekerie tjerrie
Errie tjerrie tjorts!

In die huis is ’n kamer
In die kamer is ’n kas
In die kas is ’n laai
In die laai is ’n brief
In die brief staan:
Jan Pampoen,
Sy het jou lief.

En as Oupa nie geluister het nie...

Inke pink
Wie poep so stink?
Jy is die kaal hol
val uit ou p%$pol.


 :mumum:
Title: Re: Uittelrympies
Post by: PM on December 19, 2015, 02:59:50 PM
 :sign10:  Assie, ek lag dat die bure kom kyk wat gaan aan.   :icon_biggrin:
Title: Re: Uittelrympies
Post by: Naas on December 19, 2015, 04:02:35 PM
Koljander so deur die bos
Jou mamma kook lekker kos
En nou's die duiwel los
Een twee drive
Jy's uit.

Kiepie kiepie hier
Kiepie kiepie daar
Ons bly hier
En jy is klaar.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Uittelrympies
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2015, 10:20:47 PM
Bulder ek onvroulik vir Outop wakker.
Title: Re: Uittelrympies
Post by: PM on December 24, 2015, 07:18:48 AM
Pragtig.  Lekker om weer te onthou.