• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Help! Redenaars vir Graad 1

Started by Anton Louw, January 17, 2019, 06:59:14 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

So ons Anton jnr is nou baie groot en in graad 1.    Die konsentrasie vlakke is nie baie hoog nie en is hy tans  besig om sy pa se maniere te erf en is meer gefassineerd  met tegniese dinge en aksie  :toothy4:

Inelkgeval, so kry ons toe die boodskap dat redenaars hoog aan die leerprogram se priotiteits lys is en Graad 1 parrabene moet ook deelneem.   Die Redenaar tema's is toe op die ATKV webwerf bekend gemaak en verstaan ons nou dat dit soos volg is:

Maniere
Droom
Jok

Ek kom klop nou maar hier aan vir hulp hoe om voort te gaan met die proses en hoop daar is van hooggeleerdes hier wat moontlik ondervinding het en my kan help om iets aanmekaar te slaan en die mannetjie voor te berei.    Ek weet nie of hy meer as 1 sin sal kan onthou voor sy aandag afgetrek gaan word deur 'n skoenlapper, of 'n moessie op iemand se gesig nie!

Help ASB!

Ek verneem die praatjie moet 2 tot 4 minute lank wees.   Anton jnr het glad nie 'n probleem met praat nie en wil partykeer nie ophou daarmee nie  :icon_biggrin:

Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Ek is seker PM of Anastasia sal hier tot groot hulp kan wees Anton. My plek solank geboek.

Anton Louw

* BAIE BELANGRIK
Uit die tema moet 'n onderwerp geformuleer word wat 'n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde 'n beredeneerde toespraak en nie 'n praatjie nie.

https://atkv.org.za/nuus/posts/2018/october/atkv-redenaars-2019-temas-bekend/
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

#3
Anton, ek het so bietjie voelers uitgesteek by my vriendin (Anna-Marié van Jaarsveld) in SA wat self 'n onderwyseres is, sy het dit vinnig vir my so uiteengesit:

Inleiding wat 'n vraag of 'n stelling of n grap of so iets kan wees.

Dan inhoud. 

3 punte elk met n bron.  By ons kan hul die bybel as een verwysing gebruik en die ou kleintjies mag sê my ma sê altyd of my oupa sê
altyd...

Dan n slot wat aansluit by die inleiding, m. a.w die inleiding se vraag of wat ookal word soort van herhaal in die slot met n gevolgtrekking

Bv.  Tema droom
Titel. Droom groot

Inleiding.  Wie van julle hou nie van droom nie.  My lekkerste drome gaan oor kos. As ek droom ek eet dit, voel my hele lyf gelukkig en kan ek selfs brokkoli na roomys laat smaak.  As ek droom....  Dit laat my wonder of drome waar kan word

Dan oortuig jy die gehoor in 3 stellings met verwysings dat drome wel bereik kan wors.  Bv mense wat hul drome bereik het en dinge wat hul gese het. Artikels oor so ieta. Ens.

Slot.  So dames en here.  U sien. Drome word waar.  Jy kan daardie brokkoli na roomys laat smaak, maar dan moet jy dit maak gebeur.

Hy sal nou net baie eenvoudiger taal gebruik.  Dit help om bietjie humor in te bring. En die lyfie moet saam werk.  Dis soos gesels met iemand maar jy moet die ander ou oortuig dat jy reg is. As jy klaar gepraat het, moet hulle almal brokkoli na roomys wil laat smaak

En gebruik woordeskat wat klein kindjie kan verstaan en gebruik.  Sodra jy groot woorde gebruik waarvan die gehoor dalk ook die woordeboek wil gryp, kom hul agter jy het dit gedoen en penaliseer hul die kind.

Dis hoe dit by ons werk.  Ek weet nie van ATKV nie

Anton Louw

Kamp is koning!

Anastasia

Anton, die einste redenaars is die rede waarom ek nooit meer op die forum wandel nie.  Ek sit pal en skryf vir die kabouters.  Ek skryf die toesprakie so, dat vir elke hoofidee ek 'n prentjie sit, wat hul geheuekaarte is.  Die klein rakkers is skaars 'n baksteen hoog.  Hul kan nog nie vluglees nie.  So por die prentjies die onthou aan.  Jy is welkom om my 'n whatsup te stuur na 0832156319.  Ek het al die maniere, droom en jok toesprake ingeryg soos sosaties.  Nogal 'n uitdaging, want elkeen s'n moet uniek en anders wees.  As hulle deurdring ding hulle provinsies teen mekaar mee.  Julle kan dink hoe dit sou lol as twee se toesprake dan eenders is!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Antony.  Jy kan maar gerus vir Anastasia kontak. Sy is uitstekend.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Dankie dankie!

Anastasia, laat ek kyk wat ek gedoen kan kry.  Ons het gisteraand 'n geselsie in skoolsaal gehad met riglyne ens.   EK dink pappa gaan moontlik moet skryf, maar as ek vashaak gaan ek jou benader.  :toothy4:
Kamp is koning!

PM

Sterkte, dit is net die begin van nog baie en dan kom die opstelle en die somme en die matriek eindeksamen.  Ha-ha.

Ek persoonlik dink jy moet die Kleinman meer krediet gee en hom toelaat om sy eie stukkie te skryf.  Gee hom net riglyne. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

PM, dit raak baie moeilik vir die kleingoed wat maar in grade 1 tot bv 3 is om self te skryf.  Die onderwerp moet beredenerend aangebied word, maw hulle moet 'n argument verdedig, met drie argumente en nagevorste bronverwysings vir dit.  Dis bietjie dik vir 'n daalder sou ek reken.  Die fout lê nie by die ouers, of die hulp wat hulle in huur vir die skryf nie.  Die fout is dat die skoolsisteem die onmoontlike verwag.  Dan moet jy weet, daardie kabouters is skaars 'n maand in die skool, nou moet hul boonop geheuekaarte baasraak. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Goeiste, dit is mos een te erg.  Ek onthou hoe "opgestretch" ek was op skool.  Ons koshuisbrakke moes maar opsnork met opdragte, take en handwerk, terwyl die ander leerlinge se ouers hulle by die huis gehelp het.  Maar naskool se studies het ons koshuisbrakke baie beter gevaar as hulle.

Op skool het ons altyd gespot met:  watter ma het die beste punte gekry.  Natuurlik net omdat ons lekker jantjie was. 
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Klein Anton het gister sy eerste praatjie gehad in die klas en dit het blybaar baie goed gegaan en is hy dus deur na die graad uitdinne.  Volgens hom was sy praatjie die beste want daar was vir hom groout applous gegee!   :toothy4:Nout moet hy nog oefen en werk aan postuur en kontak met die gehoor.
Kamp is koning!