Covid-19 en Pulmonale Hipertensie (PH)Opregte dank vir omgee julle
en op hierdie dankbare noot het die uwe, na ernstige oorweging, besluit om die volgende hoofstuk in ons lewe ook te dokumenteer na lang tye van stilstuipe.
Wat die pad vorentoe gaan inhou is vir my net so duister soos vir enige ander persoon op aarde. Ek het wel besef dat 'n pad met PH en Covid nie 'n maklike tog gaan wees nie en weereens is daar bitter min eerste handse inligting beskikbaar. Natuurlik was ons almal in die duister en het ernstige bedenkinge gehad oor hoe die gekombineerde simptome van Covid en PH my asemhaling gaan beinvloed.
My geliefde ou Meisiekindjie het dadelik begin reel sodat ek toestemming kan kry om die Anti Viral behandeling te ontvang. Na 'n telefoniese onderhoud met die plaaslike hospitaal-dokter is die voorskrif na ons apteek gestuur en kon ek dieselfde aand na ek die middag positief getoets het, begin met behandeling.
Op die dokter se aanbeveling moes ek oplet na verergde simptome soos hartkloppings, benoudheid tydens rus, brand in bors en dan onmiddelik die ambulans kontak.
Ongelukkig, soos wat meeste PH pasiente kan getuig is hierdie simptome alreeds vir jare deel van jou leefwyse. Wanneer is dit in die geval van jou huidige omstandighede 'gevaarlik'? Wat is daar om in oorweging te neem voordat jy jou hand uitsteek en die ambulans ontbied?
Ek moes daaraan dink dat Outop op daardie stadium reeds baie siek was met Covid en ernstige benoudheid ervaar het. Indien ek opgeneem word, sou ek oorgeplaas moes word stad toe. 'n Uur se ry van ons cowboy dorpie af. Hy sou onder geen omstandighede in staat gewees het om te bestuur nie en was in self isolasie.
Die gedagte aan isolasie in 'n hospitaal kamer sonder besoekers en kommer oor jou man tuis, het die skaal vir my laat oorhel na 'bly tuis en hou verloop van dinge fyn dop'. My liggaam is reeds vir die afgelope nege jaar in 'n oorlog betrokke met onsigbare simptome wat min mediese personeel verstaan of ooit mee kennis maak. Die finale faktor was die kommer wat my kinders sou beleef oor hulle Dad wat nou ernstig siek en alleen is; die wete dat dit regtig sleg moes gaan met my om die ambulans te kontak.
En soos gewoonlik het die humorkruk my stut geword - my maatstaf vir wanneer om te weet die skaal swaai verkeerde kant toe: Die oomblik wanneer een van my ontslape familielede kom besoek afle, kry ek vlerke en vlieg self stad toe