• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dom dinge

Started by PM, December 26, 2011, 09:24:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

Dom dinge? Om agteruit in die toekoms in te loop. Jy struikel en sien jou agterwereld uit nuwe hoeke!

Meraai vannie Baai

 :headbang: Ek giggel die wind stil diekant vir jou komtaar bb!

PM

Dankie vir die saamskryf Blouetjie.  Ek het jou gemis. 

Ek sien die prentjie!  Dit kan nogal moeilik gaan.   :angel4:

Nog 'n dom ding om te doen is om iets ten spyte van die gevaartekens te doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Om agteruit in die toekoms in te loop.    :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Gepraat van dom dinge doen!
Julle weet van ons grooter as grootste avoboom in ons tuin.  Ek sal nog die storie vertel van die wind en dié boom se tak, maar nou vertel ek eers van die dom ding. 
Ons sit die leer teen 'n dik tak van die boom waar ons 'n paar takke wat ons as onveilig beskou, wil afsny.  Dis 'n lang uitskuif leer en dit kom net mooi by die tak by.  Nou moet ek bysê, die boom dra hierdie jaar asof dit sy laaste jaar is.  Die vrugte is al so groot soos 'n vuis.  Die drag is swaar. 
Die outjie met die kettingsaag, saag die eerste tak af.  Toe die tweede tak val hoor ons net 'n benoude gil en hy klou verbete vas aan 'n tak met die kettingsaag in die ander hand.  Nou wend hy 'n poging aan om in die boom te klim en almal onder skree:  "Nee, die tak gaan nie jou gewig dra nie!" maar hy klouter op die tak.  Dit wieg gevaarlik, maar ta klou.
"Klim af daar!" skree JC vir hom, maar ta klou.  Toe gesef ek wat gebeur het. 
Die tak waarteen die leer staan het opgelig met die vrag wat verminder het en ta sit op die tak sodat die leer nie onderdeur glip nie.  Gou het ons 'n band (waarmee jy voertuie sleep) opgegooi en hy het die leer aan die tak vasgemaak en toe afgeklouter.  Met 'n spoed!  :icon_biggrin:  'n Mens moet dink voor jy doen!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Fransi


PM

Met al die takke wat ons nou afgesny het kry my tuin weer 'n bietjie son.  Oudste het vir my 'n takbokvaring gekoop wat staan gemaak is teen een van die vorige jaar se stompe.  Nou baai dit heerlik in 'n strepie oggendson. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

hie hie, ek sien al hoe swaai hy so windverwaai heen en weer   :icon_biggrin: 

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Ons praat mos van 'n "vol figuur". 

Ben, of "ou Benna" soos ons hom noem, is 'n klein maer mannetjie. 
"Gelukkig is hy klein en maer." sê ek vir Hannes, waarop ou Benna antwoord:
"Ja, gelukkig is ek leeg."   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Lekker giggel ek nou vir Ta Raaitjie se kraamklip...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#27
Ha-ha, dit is goed.
My takbokvaring is opgevreet deur die koedoes. 
Naas, ek lief jou nuwe avatar. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Oupa se oogappel. Het gister vir haar haar eie pophuis gebou. Sy is so dankbaar as mens vir haar iets doen.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

PM, innige simpatie maar die ironie van 'My takbokvaring is opgevreet deur die koedoes.' het my dag gemaak diekant.

Oi Naas, tot my innige spyt en groot vermaak van die kinders het my groot klippe nooit deur die baringsproses gegaan nie. Sniksniksnik.
Jou prinsessie is pragtig Naas. Kan sien hoekom sy haar oupa in die holte van daardie kleine handjies hou. Wens ek kon die pophuis sien.