• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ondeurdagte gedagtes

Started by Naas, August 10, 2013, 09:12:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ondeurdagte gedagtes

Koppe gevul met leë gedagtes
Staar met nikssiende oë
Na die begin van die einde.

'n Generasie wat staan en hardloop
Bou ywerig aan 'n dooie lewe.
Sonder voorafbepaalde nagevolge.

Hul redeneer in doodloopsirkels
En reguit spirale
Om onreg te regverdig.

As die einde nou so begin,
sal die koppe vol leë gedagtes
In 'n blink toekoms verdof?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Deurmekaar generasie...  waar is die leiding heen?
elle

PM

Pragtig verwoord Naas. 
Ons praat ook van die "duimgenerasie", maar nou die dag sê iemand vir my dit is die "afkoppiegenerasie".  Hulle is heeldag met "afkoppies", oge en duime op die allerhande goete waarmee hulle kommunikeer, behalwe daar waar iemand voor hulle staan en met hulle gesprekvoer. 

Ella, jy laat my gedagtes op loop gaan aangaande leiding. . .  Dalk roep dit vir 'n nuwe onderwerp. 
Om te weet is om te verstaan.