• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skoolvak : Anargie

Started by Naas, October 09, 2012, 10:03:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Tot die gal drup
draai hul dolke deur my hart.
In hul eie klas,
veroorsaak hul my smart.

In wanhoop moet ek koes
padgee, omdraai, vlug.
Moet ek myself verneder
tot die gal drup

Die toekoms van 'n vry land
vasgevang in die gemorste jeug.
Met wangedrag en gangsterhand
draai hul dolke deur my hart.

Met 'n snik in my gemoed
kyk ek toe hoe onbeheerbaar jeug
voortstorm na anargie
In hul eie klas,

Veroorsaak hul my smart.
In hul eie klas,
draai hul dolke deur my hart.
Tot die gal drup.


:icon_bigsmurf: En dis nou maar eers die tweede dag na die skool weer begin het.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas ons vou jou toe mater. Met gebede, omgee en liefde!!!!!

PM

Jy het dit pragtig verwoord Naas. 
Ek lag altyd vir Hannes as hy sê hy wil nog daardie "minimzing spray" ontwerp. 
"Sproei dit en trap dit dood."  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.