Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on October 09, 2012, 09:03:40 AM

Title: Skoolvak : Anargie
Post by: Naas on October 09, 2012, 09:03:40 AM
Tot die gal drup
draai hul dolke deur my hart.
In hul eie klas,
veroorsaak hul my smart.
 
In wanhoop moet ek koes
padgee, omdraai, vlug.
Moet ek myself verneder
tot die gal drup

Die toekoms van ‘n vry land
vasgevang in die gemorste jeug.
Met wangedrag en gangsterhand
draai hul dolke deur my hart.

Met ‘n snik in my gemoed
kyk ek toe hoe onbeheerbaar jeug
voortstorm na anargie
In hul eie klas,

Veroorsaak hul my smart.
In hul eie klas,
draai hul dolke deur my hart.
Tot die gal drup.


 :icon_bigsmurf: En dis nou maar eers die tweede dag na die skool weer begin het.
Title: Re: Skoolvak : Anargie
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2012, 09:26:01 AM
Naas ons vou jou toe mater. Met gebede, omgee en liefde!!!!!
Title: Re: Skoolvak : Anargie
Post by: PM on October 09, 2012, 09:32:34 AM
Jy het dit pragtig verwoord Naas. 
Ek lag altyd vir Hannes as hy sê hy wil nog daardie "minimzing spray" ontwerp. 
"Sproei dit en trap dit dood."  :angel4: