• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Antibiotika

Started by PM, September 09, 2012, 09:20:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Wat 'n heuglike ervaring om jou hier raak te lees Miss Piggy.   :hello2: Hartlik welkom.  Ons het jou regtig gemis.  Baie bly om te hoor dat jy iets ontdek het wat werk en dit teen 'n bekostigbare prys. 
Die laaste jaar het ek gehoor van baie mense wat ernstige nagevolge as gevolg van allergiese reaksies ervaar het. 
Ek wonder of Ouma Naas ook baat daarby sal vind. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek glo ook onnodige antibiotika is gif. blykbaar mag mens idt net 1 keer elke 3 maande neem en dan is daar dokters wat dit sommer elke maand sal voorskryf as jy net keelseer het of hoes.

oorlat ek nie 'n milt het nei is my weerstand maar swak. kry maklik keelseer en dan raak dit erger. so ver ek weet help antibiotika nie vir keelseer nie maar dr skryf dit voor vir as daar dlak miskien sekondere infeksie mag kom. ek het sommer maklik 1 keer i maand keelseer gekry en drink dan die gif goed. so raak ek aleergies vir sulfas en swael. sukkel 6 maande om uit te vind dis die amoxel se skuld en die simptome gee.

ek het al in 1970 my milt verloor agv ongeluk en in 2003 hoor ek die eerste keer dat ek moet elke 3 tot 5 jaar 'n longontsteking in enting kry. neem toe so inspuiting en hoor van locabiotal wat soos asma pompie werk. nou kry ek so 3 keer 'n jaar keelseer en as ek dit voel krap die eerste oggend dan gebruik ek daai pompie vir 2 dae en dan is ek weer reg en gesond. 

nou is ek sommer moerig oor hoekom het nie een dokter my voor 2003 geseg ek moet daai longontsteking inenting kry nie en voer my net die gif medikasie. hulle het net geld uit my gemaak glo ek.



PM

Lekker lag ek nou oor die Amoksel.  Ons huisdokter was baie lief om dit voor te skryf van Oupa tot by kleinkind. 

Beriglobin is 'n baie duur inspuiting en ons medisefonds betaal nie daarvoor nie.  Ons oudste het ook nie meer 'n mild nie en hy kry elke ses maande so 'n inspuiting.  Dit bou 'n mens se weerstand.  Ons kry dit nou vir Hannes ook.
Oudste mag ook nie malaria kry nie, so ons vermy daardie gebiede om saam te kuier in die somer.

Ons lewe nie meer in daardie tyd toe ons nog dokters en aptekers kon vertrou nie.  Ek google eers die medikasie voordat ek dit aankoop.  Gelukkig is ek baie gesond.  Het al dikwels onder die mes deurgeloop, maar ook oor "slagters" wat "mes-happy" is.  'n Galblaas wat nou enige tyd kan bars omdat die steen al so groot soos 'n duifeier is.  Toe daardie steentjie daar uitkom lyk dit soos 'n sandkorreltjie en ek loop nou nog met die probleem.  'n Spastiese dikderm. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

ja daai amoksel het gemaak dat ek nie aan swael kan vat nie en ons gebruik soms swael op die plaas asook swael bevattende kunsmis.

ek ken nie daai inspuiting wat jy van praat nie. die een wat ek kry is so R150 per keer elke 3 tot 5 jaar. my hormoon inspuiting is vrek duur, R1500 elke 3 maande.

PM

Dit is erg as 'n mens so sukkel met goed waarvoor jy alergies is.  Ek het ook gedink ek is skotvry toe ons ontdek dat die skoonmaakmiddels is wat my so 'n hewige reaksie gee. 
Ai, toe koop Hannes vir my plastiese handskoene!  :dontknow:   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.