Aitsa, julle is my krukmense.
Oor die algemeen is ek 'n baie sterk mens en kan baie sleg in die lewe hanteer, maar soms het jy iemand nodig wat net 'n oor bied. Ek glo dat 'n mens onaangename ervarings met ander deel, dit is 'n "gesondwordproses". Hoe meer jy daaroor praat hoe makliker verwerk jy dit. Dit is 'n feit.
Hierdie forum is vir almal om te kom kerm en kla, te lag en kuier en mekaar te dra deur goed en sleg.
Daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie aan almal van julle dink nie en as ek dink ek het iemand vergeet gaan ek gou na die ledelys toe.
Raaitjie, Hannes het vir my die dood voor die oë gesweer as ek dit sou waag om aan daardie hamer te vat. Hy sê ek sal sommer die vloere ook uitkap!
Ek het die stoflap en die besem in die hand. Julle kan nie glo hoeveel stof dit veroorsaak nie. Die sementsplinters vlieg die wêreld vol.