• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

moenie kyk nie

Started by AB, June 24, 2012, 06:55:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

bloubefoeterd

Ek jammer om te verneem van die spanning PMpie. As jy wil deel doen dit met vrymoedigheid. 'n Gedeelde sorg is darem ligter om te dra....

PM

Ek deel graag matertjie.  Die reservoir op die berg, net bokant ons huis, se 600mm pype het uitmekaar geskuif omdat die koppeling nie behoorlik gedoen is nie. 
'n 150meter boog water het 'n krater gegrou en ons huis het in die slag gebly.  Die reservoir se inhoud is was, 20 miljoen liter water.  Binne 'n uur en 'n half is 20 miljoen liter water te same met al daardie kleigrond, teen die berg af en het 'n pad gevind deur slegs 6 huise daaronder.  Modderwater.  Die slik op my matte was 10 of 15cm dik.  Daar is nie een vertrek in ons huis gespaar nie.  Die brandweer het gate in ons heining kom kap om van die massa water te laat deur vloei. 
Die ergste van alles is dat ons die laaste 18 maande al die ongerief moes uitstaan, om die hele plek, wat ons April 2011 gekoop het, op te knap.  Hannes het vandag die mense betaal wat ons besproeings-sisteem vervang het, nou lê dit opgefrommel orals in die tuin. 
Wat ons van verlede Dinsdag af ervaar het, kan ek 'n boek oor skryf.  My trane lê vlak!
Om te weet is om te verstaan.

AB

sjoe, wat sal ek seg. toe ons skade gehad het was julle daar naby om ons te kom ondersteun, nou is ons ver, maar weet in die hart indersteun ons julle al is ons nie by julle nie. vuur en water in 'n huis is ewe erg.

PM

Dankie AB.  Ons was maar net gelukkig dat ons daardie tyd met die begrafnis en die skade wat julle gely het in die omgewing kon wees.  'n Mens kom soms voor "magteloos" te staan.  Net so magteloos as wat ons gevoel het met julle verlies en julle skade. 
Dit is hoekom ek sê, as iemand kan verstaan waardeur ons nou gaan, is dit jy en Antoinette. 
'n Week gelede het ons voor 'n graf gestaan van iemand wat baie dierbaar vir ons was.  Soos julle ook gesê het:  Ons lewe en ons is gesond en ons kan nog lepel lê!  Wat meer het ons nodig?
Ek het my forum-matertjies teenoor wie ek my lot kan bekla! Ek tel my seëninge!
Ons het nou nie gerookte vye nie, maar ons het nog baie botteltjies aarbykonfyt en 'n boks vol Madonna!
Om te weet is om te verstaan.