Author Topic: Plasing 11 - Boek 2 Vuurkring  (Read 3187 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Plasing 11 - Boek 2 Vuurkring
« on: June 19, 2012, 04:54:33 AM »
Vuurkring

op die rand van die vuurlig se kring
so verleidelik die warmte en lig
en swig
en grensdrade soms verdwyn
oënskynlik rustig wagtend
in sirkels om en om
op 'n been, 'n weggooi been

binne die vuur se kring
waar jaar en jaar se as en kleinkole lê
ou vuurmaakhout en verkoolde hart
koud
en vaal gebleik
verteer
deur jare se wind en weer

haar eindeloos dans sonder note
sonder ritme
sonder drome
oor die dansvloer van hartstog
‘n wals van magnetisme

maar
nooit ontmoet  binne en buite
mekaar
voorwaar

©Elsabé
« Last Edit: April 29, 2013, 04:29:36 PM by PM »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Plasing 11 - Boek 2
« Reply #1 on: June 19, 2012, 05:41:11 AM »
Die gedig het vir my 'n besonderse ritme.  Dit sou nou wonderlik gewees het om daarna te luister as 'n kenner dit voorlees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Plasing 11 - Boek 2 Vuurkring
« Reply #2 on: June 19, 2012, 12:14:51 PM »
'n weerlees gedig wat elke keer iets nuuts bied!
« Last Edit: March 17, 2013, 09:26:16 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w