• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 2 - Boek 2 - Melkbos 1

Started by Angelica, June 07, 2012, 03:57:39 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Melkbos 1

Melkbos se sloep
het jou geroep
Jy't gesê kom ons loop loop
op die strand
want
die sloep het geroep
en die lyn moet nat

Mis het stilletjies
dorp-in beweeg
sandlangs
en die hond het 'n seewier
agter hom aangesleep

Jy't gesê van weerhou is jy sat...
     die liefde ken geen perke
en Van Riebeeckstrandskulpieblou
het vermenigvuldig
in die weeknat oë van jou

Sout het aan ons lippe gekleef
en die son het neergefel

Melkbos se sloep
sal anderdag weer roep
het jy gesê
toe jy my aan die hand weglei

©Elsabé
elle

Ah Willa

Ingrid Jonker se prys hoort aan jou!!!  'n prag stuk die Engeltjie - ek het net gou twee vraggies wat my so bietjie laat hik-up  ...

Quote from: Angelica on June 07, 2012, 03:57:39 PM
Melkbos 1

Melkbos se sloep
het jou geroep
Jy't gesê kom ons loop loop  hoekom is hier twee keer "loop"
op die strand
want
die sloep het geroep
en die lyn moet nat

Mis het stilletjies
dorp-in beweeg
sandlangs
en die hond het 'n seewier
agter hom aangesleep

Jy't gesê van weerhou is jy sat...   ek verstaan nie die ... en witspasie nie .. is dit nou 'n baie lang rus ...
     die liefde ken geen perke
en Van Riebeeckstrandskulpieblou
het vermenigvuldig
in die weeknat oë van jou

Sout het aan ons lippe gekleef
en die son het neergefel

Melkbos se sloep
sal anderdag weer roep
het jy gesê
toe jy my aan die hand weglei

©Elsabé

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w