• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Paniekbevange.

Started by Trapsoetjie, March 26, 2012, 11:39:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

Besonders geskryf.
Ek stem met Naas se lewens en bluf saam, verder het ek dalk net een voorstel: In jou laaste reël sou ek as dit my gedig was die nou beklemtoon het of  slegs 'n komma na die nou insit- vir hardop lees se onthalwe. Dit is pragtig geskryf.

Trapsoetjie

Baie dankie.

Dis hoe ons leer.

:angel12:

Ah Willa

Nie net Trappies wat hier kom saam leer het nie - ekke ook .. ek wil ook se dankie vir almal se input en deel name en Trappies dankie vir die prag gedig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie

Dankie Fransie ek het die "," na nou gesit en ek dink dit gee wat ek probeer het. Nadruk die NOU. Sonder om uit te skreeu.  :hello:

:angel12:

PM

Ja, dit werk pragtig so!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is en bly vir my die mooiste wanneer iemand (op versoek) kom help timmer aan ons woordskeppings en jy voor jou oge sien hoe die meesterstuk vorm aanneem  :hello2:

Trappies ek lief jou gedig, en die aanpassings wat jy toegepas het - werk! Jy kan dalk oorweeg om die punt weg te neem in hierdie reel?

Nou weet ek.~ Dis vir nou, eers verby.  // Nou weet ek ~ dis vir nou, eers verby.

Trapsoetjie

Mmm Ja Ta-Meraai, dit werk. Gaan so maak. Dankie.

Ek waardeer al die hulp wat ek ontvang. Dit beteken vir my ongelooflik baie.

:angel12:

Ah Willa

Te mooi - ek het eers later besef jy het die veranderinge op die oorsprong aangebring ...

dis 'n moet, saam met Naas se Wynvlieg vir Boek no 2

Paniekbevange.

Sirenes gryp my ore vas.
Gister se gesigte nog so vars.
Angs breek liggaamlik af.

Gillende klippe breek deur my lewe,
alles waarna ek strewe,
skeur stukke deur die bluf.

Skaduwees skaars sigbaar
in die donker gees verwar.
Skemer brand die dag verby.

Klimaat verander seisoene,
vriende in skerpioene!
Vrese vergader voor 'n toedeur.

Stadig bereik die wete
dat giftige tonge van besetenes
later ook hul lewens verwoes.

Met 'n angs nog steeds in my
wou ek al die peste vermy.
Nou weet ek~ dis vir nou, eers verby.

© Trapsoetjie 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w