• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die boek is gedoop

Started by PM, February 18, 2012, 02:08:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Nee, nog geen foto's van Kaapstad se aand nie.  Dit was ook so dol en deurmekaar hier by my, ek sal nog 'n rukkie nodig hê om my varkies weer op hok te kry.  My Magret se ma wil nie meer na haar kinders kyk nie, so ek het nie meer 'n Magret nie.  Dit is 'n ramp!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeeee wens wens wens ek was daar, wonderlike gevoel toe ek nou sien daai briefie het sowaar weer opgeduik  :icon_bigsmurf:  Sal ek darem maar Outop se voortande wou gee om self te kon druk en handskud!! Glo dit was 'n wonderlike geleentheid.So jammer oor die klank wat moes inboet  :crybaby2: maar dit sal kom. Ekke weet dit sal kom. Liefde in onse kringetjie.

NS: dankie PM vir al jou omgee en geduldige ore  :love7:

PM

Lekker lag ek nou vir "Outop se voortande".   :sign10:
Die klank sal beslis kom Raaitjie.  Ek is besig om navorsing te doen oor die nodige toerusting wat ons benodig en daar is genoeg kundiges om ons om te help.  Op hierdie stadium is tyd my vyand.
Ek is nou nie 'n goeie siener nie, maar ek "sien" nog ons gaan mekaar nog ontmoet, ek bedoel almal van ons hier op die forum gaan nog met jou handskud, want ek glo dat almal voel soos ek voel.  Dit moet net gebeur!
Ek sê ook dankie vir jou geduldige skouer Raaitjie.
Gister was ons krag die heeldag af en gisteraand was ons by die buurtwag-polisie-kursus en daarna was ek pootuit.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek sal bietjie vir JanDink vra om te dink oor hoe ons dalk video conference hier op die forum kan doen ... dan kan ons mekaar darem van kamera tot kamera sien  :bootyshake:  maar ek is met PM - ons moet een groot makietie saam he en mekaar aangesig tot aangesig in dieselfde ruimte ontmoet
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w