Vir my af dit af van wat dit is ...
iets wat ek moet leer of doen - en ek weet nie hoe nie - dan vra ek gou
as ek nie weet waar ek is of hoe om daar te kom nie - dan vra ek gou
as dit vir iemand anders in nood is, is ek ook nie skaam om rond te vra nie
maar as dit kom by iets wat ek nodig het, bly ek stil - nie omdat ek trots is nie - maar oor dit is hoe ek groot gemaak is - my ma het my nooit toegelaat om keuses te he nie en daar was nie iets soso jy het nodig nie .. jy het of jy het nie en dan moet jy sien kom klaar met wat jy het ...
ek bied ook nie sommer bv my hulp aan in die kombuis as ons by mense kuier nie - nie omdat ek lui is of dink ek is te goed nie ... maar oor my ma se woorde - gaan sit stil en gedra jou en as ek net nies was ek innie warm water ... as jy my vra om te help, help ek graag. As mense by ons kom, omdat ek so oop is ... se ek altyd maak jou tuis, neem wat jy wil he .. as jy dit nie vind, het ons dit nie wat ons het nie geheime nie ...
Ek gee ook nooit raad nie ... want dit word altyd verkeerd verstaan. Ek bied ook nie sommer hulp aan nie, behalwe as ek kan sien hier loop dinge lelik skeef en dan is ook versigtig hoe ek dit aanpak ... vra gewoontlik, wat kan ek doen om jou mee te help?
Maar ek meng altyd in as ek abuse gevaar - ek gee nie om of dit kind/oumense/man/vrou of dier of watter vorm van lewe is nie - daar bly ek nooit stil nie en bied altyd die kennis wat ek het aan om 'n herhaaling te voorkom. Hetsy dit is om na die polisie te gaan, social worker ens of om die persoon te educate oor wat beter manier is om die mens/dier/plant/ ens te behandel.