Author Topic: Botterhoender (butter chicken curry)  (Read 9164 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Botterhoender (butter chicken curry)
« on: February 22, 2014, 12:28:02 PM »
HOENDER
30 ml (2 e) tandoori-pasta
125 ml (½ k) laevetjogurt
500 g hoenderfilette, in repe gesny
SOUS
15 ml (1 e) tandoori-pasta
15 ml (1 e) garam masala
15 ml (1 e) heuning
1 ui, in kwarte gesny
1 blik (410 g) heel tamaties
1 blik (400 ml) klapperroom
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) borrie
1 brandrissie
1 bossie koljander
VIR AFRONDING
15 ml (1 e) olie
vars koljander vir garnering

    HOENDER Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat met olie.
    Meng die tandoori-pasta en jogurt in ’n bak, voeg die hoenderrepe by en meng goed. Bedek en marineer 30 minute in die yskas.
    Verplaas die hoender na die bakplaat en rooster 10 minute in die oond. Sit eenkant.
    SOUS Meng die sousbestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
    Verhit die olie in ’n groot kastrol, voeg die hoender en sous by en laat prut 10 minute of tot die sous verdik oor lae hitte.
    Sit voor met basmatirys of roti’s en garneer met vars koljander net voor jy dit voorsit.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Botterhoender (butter chicken curry)
« Reply #1 on: February 24, 2014, 08:36:20 AM »
Hierdie resep sal ek beslis probeer sodra ons tuis is.  Dankie Terry.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Botterhoender (butter chicken curry)
« Reply #2 on: February 27, 2014, 07:35:09 PM »
Oeeee.... dis my favourite sop by Woelies.
elle