4 porsies
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 wortels, in klein blokkies gesny
1 pakkie sampioene in repies gesny
1 kg maalvleis
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml gemengde droë kruie
250 ml beesvleis-aftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml mielieblom
100 ml water
Bolaag
5 groot aartappels, geskil
30 ml botter
100 ml warm melk
1 telepel bakpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180ºC. Kook aartappels vir bolaag tot sag en geur met sout. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, knoffel en wortels saam vir 5 minute. Voeg maalvleis by en braai tot dit los en nie meer pienk is nie. Gooi tamaties, kruie en aftreksel by. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir 40 minute. Meng mielieblom met water tot ’n gladde pasta. Voeg by die vleismengsel en kook tot verdik. Gooi mengsel in ’n oondbak van so 30 x 25 cm. Dreineer gaar aartappels. Voeg melk met bakpoeier gemeng by en druk fyn. Roer botter by en geur. Skep kapokaartappels bo-op vleis en trek strepies met 'n vurk. Bak vir 30 minute tot goudbruin.