Naas, ek het begrip vir jou siening en respekteer dit. Sal ook altyd respek hê vir elke skrywer se mening en skryfwerk. Dit is tog lekker om 'n bespreking om 'n gedig te hê en uit te pluis presies wat dit is wat die skrywer wil sê. Ek, vir een, sukkel soms om die regte woorde te vind en omdat dit vir MY belangrik is dat die leser moet verstaan wat ek probeer oordra, sou ek graag wou hoor as my werk nie vir jou sin maak nie. Ek vra ook as ek nie mooi sin maak van 'n ander se werk nie.
Vir my is dit beter om dit so te doen, as om net my rug op die skryfwerk te draai en verby te gaan.
Natuurlik is daar baie plek vir digterlike vryheid. Dit maak digkuns interessant en uniek.
Daar is egter 'n verskil tussen 'n woord verkeerd spel en 'n woord anders spel om die betekenis te beklemtoon of te verander, of soos ons dikwels doen, die spot te dryf.
Jy is reg Ellé, almal hou nie daarvan dat ander aan hul gedigte of skryfwerk moet peuter nie. Heel aan die begin, toe ek net by Woes aangesluit het, het dit my erg gegrief. Stelselmatig het ek agter gekom dat daar wel baie goeie skrywers is wat my daadwerklik gehelp het om my oogklappe af te haal en uit my kassie uit te klim. (Naas sukkel nog steeds met my.
) Feit bly staan, die skrywer het nog die voorreg om self te besluit of hy of sy die raad wil aanvaar of nie.
Ons het mos 'n plekkie waar die skrywer kan vra om sy gedig "onder die loep" te neem. Tog sou ek baie graag wou sien dat skrywers meer betrokke raak by ander skrywers se werk. Ons het pragtige skrywers en die meeste werk het nie aandag nodig nie, maar as ons iets raaklees wat krap, sou dit wonderlik wees as ons almal die
vrymoedigheid het om dit te sê. Die voorreg wat ons hier op die forum het, is dat ons soos 'n familie is, ons bou mekaar net op. Ek glo ook dat die meeste skrywers dit sal verwelkom. Ek sal beslis baie dankbaar wees.
Soms, soos met een van Louis se gedite, maak ek 'n glipsie, hy help my reg en ons lag daaroor. Alles in goeie gees.