• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Degie vir uieringe of kalamari.

Started by PM, August 14, 2015, 11:45:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier is 'n heerlike kraak degie vir kalamari, prawns of uieringe. 
Die kalamari bak jy 'n minuut aan elke kant en die uieringe so drie minute.  Die prawns bak totdat dit pienk is.  Die hitte van die olie is so 180 grade C.

Meng 1 koppie meelblom
1 teelepel paprika
1 teelepel bakpoeier
sout
peper
met 1 botteltjie bier. 

Meng nou 'n driekwart koppie mezina daar by.  (Die degie moet nie te slap wees nie.)


Gebruik 'n sosatiestokkie, of iets soortgelyk, om die kalamari of uieringe daarin te doop en in die olie te plaas.

Dit is "kraakvars"! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hierdie ene geboek vir die Lock menu hierdie week  :notworthy: :hello2:

Naas

Op die oomblik is Naas mos nou weer te veel en mag hy niks eet wat in die resep is nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag nee, ek hoop dit is van korte duur Naas.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek moet 40kg verloor sodat hulle my rug kan probeer regmaak.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Eina!  Nou kan jy ook nie so aktief wees nie want die rug is te seer. 
Ek lees jy moet 'n pomelo met 'n eetlepel heuning na elke maaltyd inneem om vinnig gewig te verloor.  Miskien kan ons dit probeer, want ek het ook nog 'n hele paar kilo's om af te skud.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Vanaand maak ek weer hierdie degie.  Die uieringe gaan uit die boek uit wees en ek glo die vis ook.   'n Paar stukkies stokvis in hierdie degie in olie gebraai gaan heerlik smaak.  Ek hoop so. 
Gerhard maak die mossels in witwyn en die rys!  Kyk my tieties!  (Bon appatite)
Om te weet is om te verstaan.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Ons is terug van Mozambiek af.  Vanaand maak ek hierdie degie met alles wat daarmee saam gaan vir die "kinders".   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sal moet botteltjie bier gaan koop  :bootyshake: :icon_biggrin:

PM

'n Mens kan seker sodawater ook gebruik?
Om te weet is om te verstaan.

PM

Vanaand maak ek uieringe in hierdie degie.   :snorting:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Vanaand doen ek dit weer met hoender-agterbeen-kwarte, in my "Convectionaire".
Om te weet is om te verstaan.