Author Topic: Viskoekie-muffins  (Read 3648 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Viskoekie-muffins
« on: December 06, 2017, 05:37:57 PM »
Ek weet nie of sardyne hier inpas nie, maar kry nie ander plek nie  :toothy4: 

Ek moes self 'n reseppie saamslaan ...

Viskoekies

Toe was ek nie lus vir lank voor die pan staan nie.
Ek bak nie graag muffins nie, maar besluit toe vanaand moet dit werk.

Ek het geen margarine/olie by die deeg gevoeg nie, maar elke muffin-holte van my pan dik met margarien gesmeer

Bestanddele

1 blik sardyne in tamatiesous, fyngemaak
2 eiers in die blik gebreek
Blik verder gevul met melk tot ¾ vol
Klits goed met vurk en meng met vis

Meng ook by:

1 k koekmeel/glutenvrye meel en 2 e mielieblom
2 t bakpoeier plus (opsioneel) 2 t asyn en 1/2 t koeksoda
½ t sout en speserye na smaak
Klein ui gerasper of fyn gesny

Skep in muffinholtes van pan tot ¾ vol
Bak +/- 20 – 30 minute by 160 tot 180 grade, afhangend van hoe warm jou oond raak. Liewer effe kouer as te warm.

Bedien met margarine en kaassmeer daarop.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Viskoekie-muffins
« Reply #1 on: December 06, 2017, 11:08:09 PM »
Ekke gaan die ene beslis probeer Adele!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Viskoekie-muffins
« Reply #2 on: January 31, 2018, 10:51:38 AM »
Dit klink heerlik.  Dankie vir die deel Adele. 
Om te weet is om te verstaan.