• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waghondjies

Started by Naas, December 20, 2011, 07:10:23 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Een van my gunsteling aan moedersknie geleer. Deur Jan F.E. Cilliers

Waghondjies

Ek is hier en ma is hier,
Ons twee lê op baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby,
anders word ons knor `n daadjie -
kry jou bene dalk `n hap,
kry jou broekspyp dalk `n gaatjie!
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie;
weg jou hand, en raak ons nie!

"Oppas!" het die baas gesê,
"tot ek weer kom, hier bly lê!"
Op ons pootjies lê ons kop,
maar ons hou jou darem dop;
toe-oog lê ons op die baadjie,
maar ons loer nog deur `n gaatjie -
één oor plat, en één oor op,
pas-op!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Het nie geweet hierdie hondjies hou nog steeds wag nie.
Dit is soos back to the past.
Erens in laerskool het ons dit opgevoer.. kan jy glo.  Met twee seuntjies aangetrek soos woefies wat op 'n groot baadjie le ...
elle

PM

Ja, ver terug in die verlede!  Dankie Naas.

Iets wat ek onthou van opvoerings is die mamma wat die seuntjie op sy naam roep.  Hy sit te lekker en speel in die sandpit dan stap sy na hom en vra hoekom antwoord hy haar nie. 
Hy betwis die feit dat sy hom geroep het op gronde van:
"Ek het gedink my naam is Moenie."   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi