Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: Naas on December 20, 2011, 07:10:23 AM

Title: Waghondjies
Post by: Naas on December 20, 2011, 07:10:23 AM
Een van my gunsteling aan moedersknie geleer. Deur Jan F.E. Cilliers

Waghondjies

Ek is hier en ma is hier,
Ons twee lê op baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby,
anders word ons knor `n daadjie -
kry jou bene dalk `n hap,
kry jou broekspyp dalk `n gaatjie!
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie;
weg jou hand, en raak ons nie!

"Oppas!" het die baas gesê,
"tot ek weer kom, hier bly lê!"
Op ons pootjies lê ons kop,
maar ons hou jou darem dop;
toe-oog lê ons op die baadjie,
maar ons loer nog deur `n gaatjie -
één oor plat, en één oor op,
pas-op!



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waghondjies
Post by: Angelica on December 21, 2011, 05:11:33 AM
Het nie geweet hierdie hondjies hou nog steeds wag nie.
Dit is soos back to the past.
Erens in laerskool het ons dit opgevoer.. kan jy glo.  Met twee seuntjies aangetrek soos woefies wat op 'n groot baadjie le ...
Title: Re: Waghondjies
Post by: PM on December 21, 2011, 07:10:58 AM
Ja, ver terug in die verlede!  Dankie Naas.

Iets wat ek onthou van opvoerings is die mamma wat die seuntjie op sy naam roep.  Hy sit te lekker en speel in die sandpit dan stap sy na hom en vra hoekom antwoord hy haar nie. 
Hy betwis die feit dat sy hom geroep het op gronde van:
"Ek het gedink my naam is Moenie."   :bootyshake:
Title: Re: Waghondjies
Post by: Fransi on December 21, 2011, 07:36:14 AM
 :hello:

 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin: