• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Welkom Janie

Started by PM, January 11, 2012, 11:01:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Nou-ja-toe!  Welkom hier by die ouens wat nie aan normaliteit ly nie.  Ek hoop jy geniet ons boek soos wat net ons dit kan geniet! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

AMEN!! Welkom ook van diekant van die aardbol Janie  :icon_biggrin:

Chichi

*The one and only AWESOME-EST


Janie

Dankie Petronella! Dankie ook aan almal wat my hier welkom heet.  Ja-nee, soos jy sê, ek dink hierdie boek is 'n treffer en ek het een gekoop omdat ek dink dit is die mooiste digbundel wat ek in 'n lang tyd gesien het.  Petronella, jy kan opreg trots wees op hierdie mooi mooie boek van julle! Geluk aan elkeen wat 'n eie digundeltjie in 'n mooi bundel het, julle het werklik goed gevaar.  Ek is so trots om te kan sê dat ek die samesteller hiervan ken.  Al vir bykans 40 jaar.  Petronella, ons ken jou so, as jy jou kop op iets gesit het, stuit niks jou nie!  Drie hoera's vir jou!

PM

Hi goeiste, nou weet almal wat my naam is.   :icon_biggrin:
Baie dankie vir die mooi woorde.  Julle laat my so piepklein voel!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Stof

Quote from: PM on January 13, 2012, 08:09:19 AM
Hi goeiste, nou weet almal wat my naam is.   :icon_biggrin:

Nou onlangs het die befaamde Naas Bretytenbach mos 'n solo-ode aan hierdie gewaardeerde dame gesing rondom 'n reghoekige tafel aan die noordelike hang van die Magalies...

Plaas bietjie daardie opname op die forum, toe, groot asseblieffie PM?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Ek onthou!  Ouma het gesing! Nou vra jy my! Kom doen dit self!  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.