Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on January 11, 2012, 11:01:44 PM

Title: Welkom Janie
Post by: PM on January 11, 2012, 11:01:44 PM
Nou-ja-toe!  Welkom hier by die ouens wat nie aan normaliteit ly nie.  Ek hoop jy geniet ons boek soos wat net ons dit kan geniet! 
Title: Re: Welkom Janie
Post by: Meraai vannie Baai on January 11, 2012, 11:28:48 PM
AMEN!! Welkom ook van diekant van die aardbol Janie  :icon_biggrin:
Title: Re: Welkom Janie
Post by: Chichi on January 12, 2012, 09:10:12 AM
BAie Welkom.   :icon_biggrin:
Title: Re: Welkom Janie
Post by: Janie on January 12, 2012, 08:08:44 PM
Dankie Petronella! Dankie ook aan almal wat my hier welkom heet.  Ja-nee, soos jy sê, ek dink hierdie boek is 'n treffer en ek het een gekoop omdat ek dink dit is die mooiste digbundel wat ek in 'n lang tyd gesien het.  Petronella, jy kan opreg trots wees op hierdie mooi mooie boek van julle! Geluk aan elkeen wat 'n eie digundeltjie in 'n mooi bundel het, julle het werklik goed gevaar.  Ek is so trots om te kan sê dat ek die samesteller hiervan ken.  Al vir bykans 40 jaar.  Petronella, ons ken jou so, as jy jou kop op iets gesit het, stuit niks jou nie!  Drie hoera's vir jou!
Title: Re: Welkom Janie
Post by: PM on January 13, 2012, 08:09:19 AM
Hi goeiste, nou weet almal wat my naam is.   :icon_biggrin:
Baie dankie vir die mooi woorde.  Julle laat my so piepklein voel!  :love7:
Title: Re: Welkom Janie
Post by: Stof on January 13, 2012, 01:58:41 PM
Hi goeiste, nou weet almal wat my naam is.   :icon_biggrin:

Nou onlangs het die befaamde Naas Bretytenbach mos 'n solo-ode aan hierdie gewaardeerde dame gesing rondom 'n reghoekige tafel aan die noordelike hang van die Magalies...

Plaas bietjie daardie opname op die forum, toe, groot asseblieffie PM?
Title: Re: Welkom Janie
Post by: PM on January 13, 2012, 04:17:20 PM
Ek onthou!  Ouma het gesing! Nou vra jy my! Kom doen dit self!  :sign10: