As kind het ek my pa se droom, om 'n weeshuis te begin, gedeel. Dit was maar net een droom wat nooit gerealiseer het nie.
Hier buite die stad is 'n "plaas" waar allerhande dinge gebeur. Een ou maak kaas, 'n ander biltong, 'n ander lê ingemaakte "goeters" in, 'n ander maak skoene, 'n ander boer met hoenders en so gaan dit aan. Daar is 'n kunsgalery met die mooiste skilderye en handgemaakte "goeters" en om alles te bekroon loop die mooiste rivier daardeur. Die tuiniers hou alles in stand buite en dit is 'n fees vir die oog. Klein bankies teen die rivier waar jy die ganse en eende kan voer en ag, dit is net te mooi vir woorde.
Dit was my ander droom wat ook seker nooit sal realiseer nie, tensy ek die lotto wen en my kans om swanger te raak is baie beter!
Ek weet verseker dat dit 'n konsep is wat net kan werk, as 'n mens dit net eers aan die werk kon kry!