Author Topic: Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?  (Read 3968 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?
« on: December 10, 2011, 08:55:52 AM »
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-tieners-tronk-toe-vir-moord-20111209

My kommentaar by hierdie berig was:  Hierdie twee word na 'n paar jaar vry gelaat om met hul lewens voort te gaan. En met hierdie vraag kan dit na twee kante swaai.
Kan 'n moordenaar gerehabiliteer word?  Ek persoonlik dink nie so nie.  Net soos 'n pedofiel, verkragter, afhanklike nooit werklik van daardie euwel verlos is nie, net so kan 'n moordenaar nie van moordpleeg genees word nie.
Ek ken die area waar hierdie mense in 'n nedersetting woon.  Dit grens aan my broer se plaas op die roete tussen Plett en Knysna.  Sy grensdrade word summier geknip en diere word deurgejaag na waar hulle geslag word.  My broer moes al sy diere neem na sy plaas in die Langkloof distrik.
Is daar enigsins hoop dat hierdie neste uitgeroei sal word?  Nee. Dit sal net erger word met die aanwas van nog meer kindertjies wat geen kos of opvoeding of hoop het nie. 
Daar is geen hoop vir Afrika nie.  Slegs deur aanwas te bekamp, mag daar dalk in 'n duisend jaar 'n opflikkering van hoop wees.
« Last Edit: December 10, 2011, 09:01:54 AM by Angelica »
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?
« Reply #1 on: December 10, 2011, 09:19:39 AM »
Jy slaan die spyker op sy kop.
Ons samelewing is besig om 'n verlore toekoms groot te maak omdat kinders nie meer behoorlik gestraf kan word nie.
Dit trek deur na die regstelsel. Selebe het net soveel jare gekry vir korrupsie wat nie in dieselfde kategorie as moord val nie.
Moordenaars het regte. Wat van die regte van hulle slagoffers. Hul slagoffers gaan nie na 18 of 25 jaar weer in die samelewing verskyn nie. Aikona. Hul slagoffers is lewenslank dood sonder enige verdere menseregte.
Ek se dat 'n misdadiger sy regte om mens te wees verloor het die oomblik toe hy besluit het om misdaad te pleeg. As hy skuldig bevind word moet dieselfde regte van hom weggevat word as wat hy ander misgun het. Dan sal hulle ten minste twee keer dink voordat hulle misdaad oorweeg.
Die geskiedenis vertel vir ons dat beskawings kom en gaan. Gewoonlik gaan beskawing omdat die beskawing verkeerd loop. Die huidige beskawing waarin ons tans lewe is besig om sy beskawing te verloor en daarmee saam sy bestaansreg.
Ons is "te" beskaafd, daarom skiet ons onsself in die voet. Ons kweek misdadigers en kwaadaardige aardgasse en is te selfsugtig om iets daaraan te doen want dit gaan ons gemaksones aantas.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?
« Reply #2 on: December 10, 2011, 10:51:25 AM »
Oor die algemeen is mense 'n produk van hul omgewing.  Soos met alles is daar uitsonderings op die lys, maar daar is nie rehabilitasie vir die gewoontemisdadiger nie.  "Babies maak" is ook hulle tradisie en dit geld vir alle rasse. 
Voorbeeld:  Hier onder op die hoek staan twee blanke jongmense wat gereeld daar bedel.  Die twee het mekaar "ontdek" en staan en kyk mekaar diep, baie diep, in die oge en ek weet, volgende jaar loop hy deur die supermark en vra of jy nie asseblief vir die "baby" kan melk koop nie, sommer 'n paar doeke ook.  Dan besef ek weereens, die "natuur" laat nie armoede in sy pad staan nie. 
Hier is 'n paar jong seuns wat pas matriek geskryf het.  Pragtige kinders met wonderlike talent. Daar is geen manier wat die ouers hierdie kinders naskoolse opleiding kan gee nie.  Hulle sal maar net 'n sukkelbestaan voer en so ook hulle kinders.  Ons regering mors miljarde rand, maar daar is nie geld om more se leiers op te lei nie. 
Dit is net soos julle daar seg.  Geen hoop nie. 
In Sjina gaan die "oumense" op 50 met pensioen en alle naskoolseopleiding is gratis. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?
« Reply #3 on: December 12, 2011, 09:03:24 AM »
Die vraag hier is Kan 'n moordenaar gerehabiliteer word?...Dit sal ek nie kan net antwoord in 'n ja of 'n nee nie. Dit hang van die moordenaar af sou ek reken.

Ek glo ook dat wat jy het en waar jy van daan kom is nie noodwendig 'n probleem nie. Ek meet ook nie sukses met hoeveel jy het nie. So vir my gaan dit nie so seer oor jou omgewing waar jy jouself bevind nie, maar meer wat jy daarmee doen. Ons almal sal nooit ryk wees nie, en ons hoef nie noodwendig te kripeer nie. Ons kan gelukkig leef met wat ons het. (Wat ons nodig het)

Wat ek probeer sê is dat as jy in 'n slegte omgewing groot word, bly dit jou keuse, watter kant toe jy wil gaan. Ek ken van mense wat groot nare mense was, en toe deur goeie waardes en beginsels die regte pad gewys is. Vandag is hulle baie goeie mense.

Ek onthou toe Adrian klein was, was daar so 'n boelie wat hom altyd geslaan het. Toe ek besluit tot hier toe en nie verder nie, en die onderwyser gaan sien. Wat sê sy vir my, shame hy het nie 'n lekker tyd by die huis nie. Toe hak ek af, en sê okay, dan gaan jy nie omgee as ek jou 'n oorvee gee nie, want ek het ook nie 'n lekker tyd by my kinder huis gehad nie. Daar het ook vreeslike dinge met my gebeur wat my dan die reg sou gee om ander te na te kom.....Nee jammer daai een val ek nie voor nie. Jy kan maar in 'n gat groot geword het...dit gee jou nog nie 'n verskoning om te moor of ander te seer te maak nie. Dit bly 'n keuse.

So ek sou sê ja, as die Moordenaar wil kan hy/sy weer reg kom. Wil hy? Is die vraag.

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?
« Reply #4 on: December 12, 2011, 09:29:58 AM »
 :hello:

Miskien hang dit af van die tipe moord?  Ek dink almal van ons is in sekere omstandighede tot moord instaat?
Bv. die vrou/kind wat jare en jare mishandel word deur haar/sy man/pa/ma en dan eendag "terugslaan". Die passie-moord waar emosies so hoog loop dat slegs die oerbrein van veg of vlug "dink" of optree. Dit laat my onder andere dink aan ek dink die boek se naam was Ciske? Of soiets. Hy was so ontsteld dat hy die naaste voorwerp by hom na die persoon gegooi het, ongelukkig was dit 'n tafelmes en is die persoon dood. Selfverdediging.

In so 'n geval dink ek ja, rehabilitasie is moontlik, maar met voorbedagte moord of waar die persoon genot en geen skuld ervaar nie, nee.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kan 'n Moordenaar gerehabiliteer word?
« Reply #5 on: December 12, 2011, 08:32:24 PM »
Hierdie onderwerpe was en sal altyd strikvrae wees.  Dit hang af van omstandigehede en van persoon tot persoon. 
Om te weet is om te verstaan.