Giggel ek nou oor daardie panty vir 'n onderbroek aansien...
Ek werk in die bank en ons hou altyd kersboom vir almal en almal se kinders.
Elke dame koop 'n geskenk vir 'n dame en die mans vir mans.
Ek koop altyd 'n ordentlike ding want ek wil nie he iemand moet 'n stuk gemors kry en dit weggooi en die dromkrappers kry my geskenkie nie.
Ek koop pragtige skryfkaartjies met koeverte met die aller fraaiste blomme op. Baie duurder as die R10 wat ons veronderstel was om te spandeer.
My bestuurder se vrou kry my geskenkie en ek hare. Dit het nou maar net so gebeur.
Die volgende dag kom sy na my by die bank en bring dit terug vir my. Kan sy asb haar geskenk wat ek gekry het terugkry dan gee sy myne vir my terug.
Nee fine, se ek, ek hou in elk geval nie van plastiek blomme nie.
Ons het nie veel verder oor en weer gesels nie.
Heng, geskenke is so nice om te gee, maar om iets prakties en mooi te gee vir almal kos in die einde 'n helse klomp geld.
Ons doen almal iets saam daardie dag. Almal bring mooi en lekker kos. Dek baie tafels en dra banke uit onder die bome in die tuin, gooi kussings en komberse oop vir die jonges by vriende se huis en as jy te swaar is na die poeding om op te staan... jy is alreeds op 'n bank. Jy slaan sommer net daar neer.. of sommer vooroor tot op die gras.
Vir weke daarna onthou jy nog die lekker samesyn met fam en vriende. 'n Sepie sou lankal op gewees het.