ek kry nie die struktuur nie, maar plaas sommer my probeerslag hier...
Stortreën spoel leegtes
tussen hemel aarde helderskoon
donker dreunings rammel saam
met elk bliksemstraal neer;
in die veld kruip wesens
diep ver weg,
riviere oorstroom
honderde meters ver
en net soms kleur die uitspansel
agter die son se warmte deur.
:grommit:
Pragtige gedig mater! Ons het nog nie regtig 'n spesiale afdeling waar ons die tipografiese wit voorbeelde het nie. Ek het by woorde vanmelewe my gedig so geskep en by kaalvoetgedigte waar ons sonder leestekens net sommer skryf, ook hier en daar in die voorbeeld wat ek geplaas het, dit toegepas.
Ek gaan by die gewone strukture/digvorme afdeling vir ons 'n plek maak waar hierdie voorbeelde uitgestal kan word. Daar is verskeie maniere om met witspasies te speel en dit sal vir my 'n voorreg wees om dan ook jou skepping daar te gaan plaas :notworthy:
Vir my is dit 'n groot plesier om hierdie gedigte hardop te lees en te 'voel' waarom die digter sy/haar 'rusplekkies' spesifiek daar geplaas het vir die leser/gehoor.
:love7: Adéle ek het ook by ons Woordbeitel en Slypstene vir die digter afdeling (vir voorlegging vir die :book1: )
PM, jou en my eie gedig -as voorbeelde geplaas. Die tegniek is voorwaar 'n wonderlike slypsteen in die hand van die digter.
Pragtig Adéle. :icon_salut:
Sjoe! Wens ek het jou talent gehad
haai dankie, BB, maar nee, jy kan nie, wat word dan van jou eie groot talent?
:grommit: