Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on July 28, 2011, 09:31:50 PM

Title: 'n struktuur met spasies
Post by: adele on July 28, 2011, 09:31:50 PM
ek kry nie die struktuur nie, maar plaas sommer my probeerslag hier...



Stortreën     spoel     leegtes
tussen hemel     aarde     helderskoon
donker dreunings     rammel saam
met elk bliksemstraal neer;
in die veld     kruip wesens
diep     ver     weg,
riviere     oorstroom
honderde meters ver
en net soms     kleur die uitspansel
agter die son     se warmte deur.

 :grommit:
Title: Re: 'n struktuur met spasies
Post by: Meraai vannie Baai on July 28, 2011, 11:22:50 PM
Pragtige gedig mater! Ons het nog nie regtig 'n spesiale afdeling waar ons die tipografiese wit voorbeelde het nie. Ek het by woorde vanmelewe my gedig so geskep en by kaalvoetgedigte waar ons sonder leestekens net sommer skryf, ook hier en daar in die voorbeeld wat ek geplaas het, dit toegepas.

Ek gaan by die gewone strukture/digvorme afdeling vir ons 'n plek maak waar hierdie voorbeelde uitgestal kan word. Daar is verskeie maniere om met witspasies te speel en dit sal vir my 'n voorreg wees om dan ook jou skepping daar te gaan plaas  :notworthy:

Vir my is dit 'n groot plesier om hierdie gedigte hardop te lees en te 'voel' waarom die digter sy/haar 'rusplekkies' spesifiek daar geplaas het vir die leser/gehoor.

 :love7: Adéle ek het ook by ons Woordbeitel en Slypstene vir die digter afdeling (vir voorlegging vir die  :book1: )
 PM, jou en my eie gedig -as voorbeelde geplaas. Die tegniek is voorwaar 'n wonderlike slypsteen in die hand van die digter.  
Title: Re: 'n struktuur met spasies
Post by: PM on July 29, 2011, 07:10:21 AM
Pragtig Adéle.   :icon_salut:
Title: Re: 'n struktuur met spasies
Post by: bloubefoeterd on July 30, 2011, 07:39:15 PM
Sjoe! Wens ek het jou talent gehad
Title: Re: 'n struktuur met spasies
Post by: adele on July 30, 2011, 07:50:37 PM
haai dankie, BB, maar nee, jy kan nie, wat word dan van jou eie groot talent?

 :grommit: