skielik was sy daar
soos 'n veerligte briesie
gevul met die geur van jasmyn,
het sy jou lewe ingedwarrel
en skielik was daar
'n fluistering
'n asemteug
'n aanraking
so sag soos strelende satyn
Wens ek het woorde gehad om dit wat ek ervaar het terwyl ek jou woorde lees, te beskryf lief Adele. :notworthy: :book1:
:love7: baaaie dankie liefliewe Raaitjie :love7:
ek hoopglo dit gaan goed met julle
Pragtig verbeeld. Ek lief dit.