Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on April 24, 2021, 09:44:45 PM

Title: skielik was sy daar
Post by: adele on April 24, 2021, 09:44:45 PM
skielik was sy daar

soos 'n veerligte briesie
gevul met die geur van jasmyn,
het sy jou lewe ingedwarrel

en skielik was daar
'n fluistering
'n asemteug
'n aanraking
so sag soos strelende satyn

Title: Re: skielik was sy daar
Post by: Meraai vannie Baai on April 29, 2021, 08:40:55 AM
Wens ek het woorde gehad om dit wat ek ervaar het terwyl ek jou woorde lees, te beskryf lief Adele.  :notworthy: :book1:
Title: Re: skielik was sy daar
Post by: adele on April 29, 2021, 08:47:07 AM
 :love7: baaaie dankie liefliewe Raaitjie  :love7:
ek hoopglo dit gaan goed met julle
Title: Re: skielik was sy daar
Post by: PM on September 13, 2021, 12:05:59 AM
Pragtig verbeeld.  Ek lief dit.