Die Afrikaanse Forum
		Woordskuur => Kreatiewe Skryfstyle => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 04:19:12 AM
		
			
			- 
				Baie jare gelede het ek die 5 W's skryfstyl gedeel. Hierdie riglyne kan ook toegepas word in 'n eenvoudige gedigstruktuur.  Daar is geen voorgeskrewe digvorm of rym vereistes nie. Jy antwoord bloot net vyf vrae in vyf reëls.
 
 Reël 1: Oor Wie/Waaroor gaan die gedig?
 Reël 2: Watter aksie vind plaas?
 Reël 3: Waar vind die aksie plaas?
 Reël 4: Wanneer gebeur dit?
 Reël 5: Waarom gebeur dit?
 
 Vyf vrae
 word geantwoord
 op die skerm voor jou
 en binne 'n ommesientjie
 pronk jou 5 W's gedigstruktuur.
 
 Daar is soveel moontlikhede as jy begin woeker met hierdie eenvoudige skryfstyl.
 
 
- 
				Kom ons praat gou hier van Zuma
 Hy soek vroue vir sy woema
 Oral op Nkandla
 word daar elke dag gevra
 vir nog kinders om sy beeste aan te ja.
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				 :toothy4: :hello2: :notworthy:
 
 Terug gesluip na hierdie kostelike voorbeeld van jou Naas. Dit is dan ook 'n perfekte voorbeeld van die Mono-rym struktuur waar al die woorde aan die einde van elke reël moet rym. Welgedaan weereens  :`ip2:
- 
				
 Onse lief Meraai vannie Baai,
 met haar pen laat sy louter waai
 hier op ons  Afrikaanseforum
 van soggens vroeg tot snags laat
 slegs vir die liefde van die saak.
 
 
 Sy is lief vir skryf en lees
 elke oomblik van haar menswees
 voor die stoof of in die bed
 skryf sy versies en liedjies
 oor alles en nog wie weet wat.
- 
				 :icon_bigsmurf: Hoe skryf mens dankie dat die ander persoon presies weet HOE opreg dit bedoel word? Perfekte 5 W's matertjie
 :notworthy: :angel8: :book1:
- 
				Dankie Raaitjie vir jou dankie.   :icon_biggrin:  
 Die "louter" in die twee lyntjie beteken ook eerlik en opreg.  Dit beteken alles wat jy skryf kom uit jou hart en daarom weet ek dat jy altyd bedoel wat jy sê!  Verstaan?
 
 
 Die eerste deel is van bo na onder en die tweede deel is van onder na bo.  Sommer net gou die pen gekryp en saam gespeel.  Nou daag ek al die ander ouens om iemand hier op die forum te kies om mee saam te speel.
- 
				WOW! Ek het nie besef dat jy so getoor het met die formaat nie. Welgedaan en weereens dankie. Hierdie forum van jou is my redding en skuilplek wanneer alleen my bekruip. Tussen julle lyne voel ek veilig en beskut en welkom!
 :book1: :love7: :hello2: :notworthy:
- 
				Dit is wonderlik om te weet! 
 Gaan jy nie 'n 5 W's oor Naas skryf nie?  Toe?
- 
				More sal ek die abc'tjies nader hark en kop krap hoor! Belowe niks, maar sal probeer  :bootyshake:
			
- 
				Naas Breytenbach, ons eie Langenhoven 
 vang stukkies onthou ewe behendig vas
 in woorde vanuit grysmassas en pen dit dan
 liefs dadelik neer want woorde, so vertel hy
 is pixels waaruit ‘n siel se prentjies bestaan.
 
 :book1: :notworthy: :icon_salut:
- 
				PM onse eie forum moederowerste
 Hou die forum bymekaar
 Hier in die kuberruimte
 Tussen Hannes en aftree se niksdoen
 Omdat sy ons stukkend liefhet.
 
 Anastasia, my eie noorderliggie
 Skyn soms my donker dae lig
 In die datagange van my rekenaar
 Wanneer ek dit allermins verwag
 Want sy kan.
 
 Meraai uit gatkantland se baai
 Dra woorde in 'n mandjie
 Sy sê sy stoor hul iewerste
 Voor sy gaan slaap
 Anders verloor ons hulle in tyd se spasies.
- 
				 :toothy4: :icon_salut: :notworthy: :hello2: :love7:
			
- 
				Wonderlik, nou wag ek vir die ander ouens se bydrae.  Ek kan sien julle het nog die gawe om woorde mooi te rangskik!   :love7: 
			
- 
				Ek het Adele se eie woorde uit haar eerste plasing vanuit haar plekkie, geskommel vir hierdie 5 W gedig :notworthy:
 
 Annie was 'wegkruipdiertjie' in 'n woordblok van ys
 wat uiteindelik gekraak het en baie skugter
 het onse Annie op 'n bankie van haar skrywerswa gaan sit
 na lang tye van skarrel, drup letters weer uit splinterskeur
 om 'n nuwe lewe uit die koue as te kerf.
 May 24, 2011
 
 Lief jou kosbare woorde vriendin :love7: :book1:
 
- 
				En hier is Angelica se woorde in 5 W vorm  :notworthy: :hello2:
 
 soos die eensame meeu
 wat hang op die windstroom
 gilskree ek na die hemele
 na God wat my uit stof gemaak
 en toe vergeet het...
 
 July 15, 2015
 
 :love7: :notworthy:
- 
				WOW!!!!
 FLIPPEN  WOW!!!!!
 
 
 
 
- 
				Uit die boonste rakke.  Pragtig verby!   :read: