wanneer windspoed verwoes
vrees rys in sy ysterhart
wanneer die wind ylings
in roltol-tregter, duinerooi
oor rou ploeglande aanwaai
en dwarrels, stofvingers omhoog,
spoed optel, orkaan-angstig
die skemer se plaasrus
tot oopmond-sper verwoes
maar as die windpomp nog vog kon ruik
sou hy juigend deur die klankgrens wou breek
©adéle theron
Hierdie is die gedig met tema: Spoed ... met vasgestelde aantal reëls wat eerste die aandag van die Admin van die fb-blad met uitdagings gevang het... :wave:
Dit is baie mooi geskryf matertjie.