Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 03, 2016, 06:31:16 AM

Title: Spoed
Post by: adele on February 03, 2016, 06:31:16 AM
wanneer windspoed verwoes

vrees rys in sy ysterhart
wanneer die wind ylings
in roltol-tregter, duinerooi
oor rou ploeglande aanwaai
en dwarrels, stofvingers omhoog,
spoed optel, orkaan-angstig
die skemer se plaasrus
tot oopmond-sper verwoes

maar as die windpomp nog vog kon ruik
sou hy juigend deur die klankgrens wou breek

©adéle theron

Title: Re: Spoed
Post by: adele on February 03, 2016, 06:33:03 AM
Hierdie is die gedig met tema: Spoed ... met vasgestelde aantal reëls wat eerste die aandag van die Admin van die fb-blad met uitdagings gevang het...  :wave: 
Title: Re: Spoed
Post by: PM on February 04, 2016, 09:01:49 AM
Dit is baie mooi geskryf matertjie.