Nonet
Hierdie gedig bestaan uit nege reels met altesame 45 lettergrepe.
Enige onderwerp en rym toegelaat.
Eerste reel = 9 lettergrepe
Tweede reel = 8 lettergrepe
Derde reel = 7 lettergrepe
Vierde reel = 6 lettergrepe
Vyfde reel = 5 lettergrepe
Sesde reel = 4 lettergrepe
Sewende reel = 3 lettergrepe
Agste reel = 2 lettergrepe
Neende reel = 1 lettergreep
My voorbeeld.
Bojaans
Bobjaan se kind sit bo teen die krans.
Swaai sy vuis en vloek in bojaans
want nie ver onderkant hom
staan die skerpioen krom.
Hy swets in bojaans,
want sy bek brand
en sterk kos
is mos
skaars.
Liewe Maan
Saggies geel, kom jou lig se strale
waar jy oor die bergtoppe loer.
Jy kom verdryf die vrese
wat nag se donker bring
en gee ons vrede
in ons harte
deur die nag
liewe
Maan.
Jy trek 'n streep oor meer se water
reguit na my verwese hart
om met ligsagte garing
die seerkry toe te werk.
Met jou liefde steek
weer stukkend hart
kans te gee
liewe
Maan.
As ek dan haar hand in myne neem
sal ons tesaam in jou lig staan.
Wyl jou vrede oor ons skyn,
ons die liefde koester
wat jy vir ons gee.
Liefde gevind
In jou lig
liewe
Maan.
:icon_bigsmurf:
Baie dankie Naas, ek hou van die tipografie (uitleg) van die gedig. Dankie vir jou pragvoorbeelde, jy is voorwaar 'n staatmaker.
Bojaans! :icon_biggrin:
Liewe Maan, ek raak sommer verlief op jou, of is ek al lank al? Pragtig Naas.
:hello:
'n Groot handeklap vir Naas.
Hier is my poging:
Steras:
My vriend, die nag het silwer gespes
waaraan die sprietoogsterre hang-
kaal bakens wat ver rigied
jou stem se stelte baan
in 'n ploffend streep
van verskietend
gestorwe
asgrys
leed.
Dis 'n pragstuk Fransie. Die struktuur lyk maklik maar soos jy self sien is dit nogal kopkrap.
Ek is beindruk met jou woordgebruik en die boodskap.
:icon_bigsmurf:
Speel ek toe ook saam. :icon_biggrin:
Monisha
Kieliebakkie ek oor jou lyfie
skitter jou ogies klokkieslag
diep in my hart ingeklim
my kleine liefieding
grootoog kyk jy my...
in afwagting...
een twee drie
eeen tweee
drieee
Dis skatlik mooi PM.
:icon_bigsmurf:
Dankie Naas. Die kleinding is te pragtig. Word die 3de ses maande oud. Waar gaan die tyd tog heen!
:hello:
Dankie Naas.
PM dit is kostelik-pragtig!
Ag dankie julle. Die naweek sien ons vir Jacian en ek hoor hy het net so groot geword. Ouma sal hom ook 'n bietjie kieliebakkie! Hy word die 8ste drie maande.
julle nonette is so mooi.'liewe maan' sal nooit weer dieselfde wees nie. :hello2:
:grommit:
Net weer een
Wonder jy ook hoekom ons hunker
om 'n pad twee-twee te kan stap
en in die smag na behoort
kerf letsels diep kewe
op die kronkelgang;
strompelende
skaduwee:
Net weer
een!
© Meraai vannie baai
:hello:
Sjoe, Meraai dit is werklik, werklik besonders geskryf.
Raaitjie, jy het nou maar net 'n slag met woorde! Pragtig!
Fransi, PM, dit is vir my so wonderlik om weer by mekaar se woorddisse te kan kom aansit en geniet. Baie dankie ook vir die lees van myne. Ek weet Naas het hierdie struktuur vervolmaak en was groot voorreg om dit nou hier weer te sien pronk!
Dit is heerlik om hier te kan lees. :-)
Nog 'n poging:
Nonet (Pansy shell)
'n Duifskulp vlerk tog oop in meer as
ongelynde, wit oppervlak.
Elke groefie kantlyn 'n
perfekte tekening
wat ingemossel
en skuim-bedek
oor vryvlug
van gees
bid.
Fransi, hierdie is so pragtig, dit sal beslis 'n spesiale plekkie in die boek vind. As ek dit nie mis het nie is daar ook 'n pragtige foto'tjie by wat die woorde vleuls gee.
Die see in 'n nonet
saam met strome in die diep blou see
baljaar seeperdjies in kringe
al rondom koraalriwwe
tot in diepste donkers
want hoër op skyn
'n lewenslig
ook vir hul
en vir
my
©adéle theron
Wow Adele. Dis pragstuk. Ek is so lief vir die see en sy perdjies. (Die brandertjies en die diertjies.
:icon_bigsmurf:
Baie mooi! Dit skep 'n gevoel van rus en vrede! :love7: