Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Naas on May 31, 2011, 05:45:23 PM

Title: Nonet Struktuur
Post by: Naas on May 31, 2011, 05:45:23 PM
Nonet

Hierdie gedig bestaan uit nege reels met altesame 45 lettergrepe.
Enige onderwerp en rym toegelaat.

Eerste reel = 9 lettergrepe
Tweede reel = 8 lettergrepe
Derde reel = 7 lettergrepe
Vierde reel = 6 lettergrepe
Vyfde reel = 5 lettergrepe
Sesde reel = 4 lettergrepe
Sewende reel = 3 lettergrepe
Agste reel = 2 lettergrepe
Neende reel = 1 lettergreep

My voorbeeld.

Bojaans
Bobjaan se kind sit bo teen die krans.
Swaai sy vuis en vloek in bojaans
want nie ver onderkant hom
staan die skerpioen krom.
Hy swets in bojaans,
want sy bek brand
en sterk kos
is mos
skaars.

Liewe Maan
Saggies geel, kom jou lig se strale
waar jy oor die bergtoppe loer.
Jy kom verdryf die vrese
wat nag se donker bring
en gee ons vrede
in ons harte
deur die nag
liewe
Maan.

Jy trek ‘n streep oor meer se water
reguit na my verwese hart
om met ligsagte garing
die seerkry toe te werk.
Met jou liefde steek
weer stukkend hart
kans te gee
liewe
Maan.

As ek dan haar hand in myne neem
sal ons tesaam in jou lig staan.
Wyl jou vrede oor ons skyn,
ons die liefde koester
wat jy vir ons gee.
Liefde gevind
In jou lig
liewe
Maan.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on June 01, 2011, 05:01:54 AM
Baie dankie Naas,  ek hou van die tipografie  (uitleg) van die gedig. Dankie vir jou pragvoorbeelde,  jy is voorwaar 'n staatmaker. 

Bojaans!   :icon_biggrin:

Liewe Maan, ek raak sommer verlief op jou,  of is ek al lank al?  Pragtig Naas.
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Fransi on June 01, 2011, 08:03:07 AM
 :hello:

'n Groot handeklap vir Naas.

Hier is my poging:

Steras:

My vriend, die nag het silwer gespes
 waaraan die sprietoogsterre hang-
     kaal bakens wat ver rigied
      jou stem se stelte baan
        in 'n ploffend streep
         van verskietend
             gestorwe
              asgrys
               leed.
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Naas on June 01, 2011, 08:25:44 AM
Dis 'n pragstuk Fransie. Die struktuur lyk maklik maar soos jy self sien is dit nogal kopkrap.
Ek is beindruk met jou woordgebruik en die boodskap.
 



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on June 01, 2011, 09:02:18 AM
Speel ek toe ook saam.   :icon_biggrin:

           Monisha

Kieliebakkie ek oor jou lyfie
skitter jou ogies klokkieslag
  diep in my hart ingeklim
      my kleine liefieding
     grootoog kyk jy my...
        in afwagting...
        een twee drie
         eeen tweee
            drieee
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Naas on June 01, 2011, 09:42:57 AM
Dis skatlik mooi PM.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on June 01, 2011, 10:13:55 AM
Dankie Naas.  Die kleinding is te pragtig.  Word die 3de ses maande oud.  Waar gaan die tyd tog heen!
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Fransi on June 01, 2011, 01:55:10 PM
 :hello:

Dankie Naas.

PM dit is kostelik-pragtig!
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on June 02, 2011, 09:05:08 AM
Ag dankie julle.  Die naweek sien ons vir Jacian en ek hoor hy het net so groot geword.  Ouma sal hom ook 'n bietjie kieliebakkie!  Hy word die 8ste drie maande. 
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: adele on June 02, 2011, 08:03:44 PM
julle nonette is so mooi.'liewe maan' sal nooit weer dieselfde wees nie.   :hello2: 

 :grommit:



Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 02:18:21 AM
Net weer een

Wonder jy ook hoekom ons hunker
om 'n pad twee-twee te kan stap
en in die smag na behoort
kerf letsels diep kewe
op die kronkelgang;
strompelende
skaduwee:
Net weer
een!

© Meraai vannie baai


Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Fransi on June 20, 2011, 08:36:59 AM
 :hello:

Sjoe, Meraai dit is werklik, werklik besonders geskryf.
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on June 20, 2011, 02:05:31 PM
Raaitjie,  jy het nou maar net 'n slag met woorde!  Pragtig!
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 11:22:39 PM
Fransi, PM, dit is vir my so wonderlik om weer by mekaar se woorddisse te kan kom aansit en geniet. Baie dankie ook vir die lees van myne. Ek weet Naas het hierdie struktuur vervolmaak en was groot voorreg om dit nou hier weer te sien pronk!
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Fransi on April 27, 2013, 06:18:29 PM
Dit is heerlik om hier te kan lees. :-)

Nog 'n poging:

Nonet (Pansy shell)

‘n Duifskulp vlerk tog oop in meer as
       ongelynde, wit oppervlak.
         Elke groefie kantlyn ‘n
           perfekte tekening
            wat ingemossel
            en skuim-bedek
              oor vryvlug
               van gees
                   bid.
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on April 27, 2013, 08:07:53 PM
Fransi, hierdie is so pragtig, dit sal beslis 'n spesiale plekkie in die boek vind. As ek dit nie mis het nie is daar ook 'n pragtige foto'tjie by wat die woorde vleuls gee. 
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: adele on April 11, 2015, 09:44:00 PM
Die see in ’n nonet

saam met strome in die diep blou see
baljaar seeperdjies in kringe
al rondom koraalriwwe
tot in diepste donkers
want hoër op skyn
’n lewenslig
ook vir hul
en vir
my

©adéle theron
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: Naas on April 12, 2015, 10:43:14 AM
Wow Adele. Dis pragstuk. Ek is so lief vir die see en sy perdjies. (Die brandertjies en die diertjies.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Nonet Struktuur
Post by: PM on April 14, 2015, 09:05:35 AM
Baie mooi!  Dit skep 'n gevoel van rus en vrede!   :love7: