Ek het die briefie ontvang wat hulp soek. Wie kan help asseblief.
Hi PM,
Ek is opsoek na 'n Afrikaanse woord met al die vokale in m.a.w a, e, i, o en u.
Is daar 'n manier wat jy dalk kan uitvind?
Euroisme
:icon_bigsmurf:
Dankie Naas, jy is 'n wenner. Nou kort ons net 'n a'tjie.
Eukaliptusolie kan werk dink ek.
Hier is nog een interkommunikasie
Oliekrokkenosterstruiswyfma
:mumum:
Mooi so Assie, ek het geweet jy sal ook 'n woord bring. :hello2:
Kommunikasie kan maar die "inter" afskud. Op sy eie voldoen hy aan die voorskrifte.
Ek't nou nie slimwoord met al die lettertjies in nie maar wonder of iemand my dalk kan help uit die kopkrap-penarie :icon_bigsmurf:
Is 'daghings' die anderkant van die 'nagmerrie' munt? :icon_scratch: :bootyshake:
Wow! Ek moes geweet het dat jy die vasvrawedstryd gaan begin!
Kan dit dalk die "oggendhings" wees waarvan jy praat? As ek nou 'n gatseggie gehad het wat werk sou ek kliphard gelag het!
Oupa se die manlike vorm van koeksuster is pastoriepiesang.
:mumum:
Wens ek was so flink met die brein soos Oupa. Al waaraan ek kan dink het iets met kloosters te doen. Wonder of 'n kloostermielie kan werk?
Lekker giggel ek nou :`ip2:
Priesterpaling?
:mumum:
Beloer ek die vrugbare bydraes en giggel onophoudelik! Geen wonder 'n piesang was die oorsaak van Peter Blum se dekadensie in sy tienerjare.
Piesang, piesang, lekker ding
Wat elke mens na smag
Ek sal jou koop, ek sal jou stroop
En aan jou smul na middernag.
:nono: :icon_bigsmurf:
Was glo beskou as ''smerig, Boheems, onafrikaans, klewerige materialisme, naakte sensualisme en verregaande beeldspraak'' gemeet aan die heilige maatstawwe van ons Afrikaanse literêre wêreld toenderjare.
Behoede tog sebliefie 'n digter wat met die ABC wil woeker en die 'bose skoonheid' van 'n vrug beskryf :bootyshake:
En al wat Blum eintlik wou bewys is dat hy glo 'n gier ontwikkel vir subtropiese vrugte. ''Mango's, koejawels en pynappels het my growwe
sinnelikheid na vore gebring. Dag en nag het ek geswelg in hulle en my siel in hul sappe versuip.''
Stel julle nou voor hulle sou priesterpaling, pastoriepiesang en kloostermielie raaklees :hello2:
Ta Stienie se mos hoeka dat die jood reguit van die groentewinkel af plaas toe gekom het want sy piesang was nog in gladwrap toegedraai van varsgeit.
:mumum:
Hoe bou jy dan nou 'n nasie kan ek nie help om onheilig links van die regering te dink nie :headbang:
Luister tog na my se Pappa se pragwoorde: My kind, as hulle so onskuldig is, sal hulle nie eers weet waarvan jy praat nie!
Jou pa se wysheid sal ek onthou PM :headbang:
Versuip ek nou my siel in die sappe van die taal.
Dink ek nou aan my plasing by "verkragting" en wonder wat die vroulike vorm van pedofiel is.
:icon_bigsmurf:
Ek sal bietjie dink oor die vroulike vorm maar vermoed Assie se oupa het die antwoord. Ek kan darem vir jou se wat noem mens 'n skelm krokkedil Naas. Dit is 'n kroekkedil :sign10:
Ek sa liewerste nie Oupa se antwoord gee nie.
Dit hoort innie kroeg en selfs daar gaan Ta PM my toesluit.
:mumum:
Is die antwoord Parafiel? :evil6:
Daai is uitstekend Trappies.
Ek vermoed Oupa se dis pedofoes.
(forumtronk hier kom Naas. Julle sal maar vir my peanuts met 'n kettie deur die tralies moet skiet.)
:icon_bigsmurf:
OOM NAAS!!!
Ta PM!!! Ta PM!!! Waaaar is jy???
OOM NAAS!!!
:mumum:
Ek hou die peanuts en kettie gereed :toothy4:
Nee wat, as ek en my pa stoute grappies gemaak het, het hy altyd gesê: as hulle so ordentlik is sal hulle mos nie weet waarvan ons praat nie! Naas, is jy seker jy het daai woord reg gespel? :icon_scratch:
Honderd persent seker.
Hy issie in die woordeboek nie so ek kan hom spel soos ek wil.
:icon_bigsmurf: