Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 19, 2013, 05:24:35 AM
-
As jy ooit deur die land van bloekoms en gangeroes kom toer
is afsaal met jou huisie van seil, by gratis kampeerplekke, 'n moet!
Gedurende paasnaweek het ek en Outoppie die wieletjieshuis gehak
en weggeloop na een van hierdie 'for you - for free' verblyfplekke.
Wanneer die son sawens sy kop laat sak, bloos die hemel kleurvol...
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sonskopkomslangsdiecreek.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Sonskopkomslangsdiecreek.jpg.html)
Daar is vuurmaakgeriewe waar jy na hartelus 'n vuur kan stook
en jou keteltjie ywerig oor die vlamme stoot...
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kampvuurmetnverskil.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kampvuurmetnverskil.jpg.html)
As die maan 'n paar uur later die donker kom verjaag, snak jy na ekstra asem...
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maanskyn.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maanskyn.jpg.html)
Dou voor dag nooi vrede, uitnodigend, op die gratis vyfstermenu...
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Gratiskamppleklangsdiecreek.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Gratiskamppleklangsdiecreek.jpg.html)
'n Warm stort in die bosse is mos nooit te versmaai nie!
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bosstort.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Bosstort.jpg.html)
-
Dit lyk lieflik en heerlik.
-
O dis pragtig. Hannes vra hoe werk daai stort, dalk kan ons een hier kry. :icon_biggrin:
Die pragtige foto met die pragtige woorde hoort beslis in die boek Raaitjie.
-
Wanneer die son sawens sy kop laat sak, bloos die hemel kleurvol...
:toothy4: :toothy4: :toothy4: dis so mooi
:grommit:
-
O jitte maar dis pragtig.
'For you... for free' - nogal. Nie hier in die Nuwe SA
-
Bly julle ook geniet maters. PM as jy 'n gaatjie het kan jy gebruik na hartelus :bootyshake: Ek vra Outop hoe bekskryf (beskryf) ek nou hoe ons bosstort werk. Kom die antwoord: sjjjjjj sjjjjj sjjjjjj... LOL. Dit werk soos 'n gifspuit wat jy pomp. Die water word vooraf eers verhit op 'n gasplaat of oopvlam. Daar is 'n temperatuurmeter bo-op met riglyne vir hitte beheer. Sodra jy die verlangde hitte bereik het, pomp jy so paar keer en walla. 'n Heerlike warm stort in die bos.