Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Naas on December 17, 2012, 11:52:43 AM

Title: Skimlesers
Post by: Naas on December 17, 2012, 11:52:43 AM
Ek verwonder my altyd hier oppie forum oor hoe baie mense die posts lees. Smaak my daar is baie skimme wat stilweg hier ronddwaal.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skimlesers
Post by: Gawelina on December 17, 2012, 12:00:53 PM
Lees hulle, loer hulle of steel hulle? :`ip2:
Title: Re: Skimlesers
Post by: AB on December 17, 2012, 01:43:12 PM
Lees hulle, loer hulle of steel hulle? :`ip2:


seker al 3
Title: Re: Skimlesers
Post by: Meraai vannie Baai on December 18, 2012, 12:45:29 AM
Ek volg hulle spore suutjies. Julle sal verbaas wees hoeveel resepte en taalkundige plasings word gedruk!!!
Title: Re: Skimlesers
Post by: Ah Willa on December 18, 2012, 12:52:04 AM
Dis hoekom ek dink die post van die forum moet net gelees kan word deur die lede ... dis 'n setting wat per forum gedoen kan word ...
as jy nie lid is nie ... moet jy mos nie net sommer kan lees, druk en eet van ons vrugte nie ... ha ha
Title: Re: Skimlesers
Post by: Naas on December 18, 2012, 06:54:51 AM
Nee wat Willa. Gee die Duiwel wat hom toekom anders het sommige mense nerens om na toe te gaan na hierdie lewe nie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skimlesers
Post by: PM on December 18, 2012, 11:43:51 AM
Ja wat ek stem saam, laat hulle maar lees en druk.  Ten minste weet ons daar is mense wat belang het by wat ons doen.  Ons deel graag.  Dan "steel" ons ook graag!  :icon_biggrin:  Met toestemming natuurlik. 

Daar is een ou met 'n webblad en ek lees gereëls ons goed daar.  Hy maak natuurlik of dit sy eie is, maar ek weet van beter.
Title: Re: Skimlesers
Post by: Ah Willa on December 18, 2012, 04:51:14 PM
Name en SHAME sy blad ... as jy hier lees jou skurk ... kom kuier eerder saam en groei soos ons elkeeen doen!!  :angel12:  Ons sal jou vergewe en nogsteeds met jou klets oor AFRIKAANS  :headbang:
Title: Re: Skimlesers
Post by: PM on December 18, 2012, 08:28:05 PM
O hallie ha Willa, ek kan nie help om uit my maag te lag nie!  Ek glo dat hy net so lief is vir ons taal as wat ons is.  Ek hoop van harte hy lees hier en sluit by ons aan.  Ons kan ook net so 'n groot bydrae lewer op sy blog. 

Title: Re: Skimlesers
Post by: Meraai vannie Baai on December 19, 2012, 12:39:22 AM
My bloed gekook en my laat struikel toe ek eendag op so blad afkom. Nogals jou woorde gewees wat gesteel was PM! Stem saam, kom kuier saam ons of gee net erkenning vanwaar dit gegaps of geleen is. Om briefie te skryf en toestemming te vra is so maklik as om jou elmboog te lig en 'n rooietjie te geniet.
Title: Re: Skimlesers
Post by: Gawelina on December 19, 2012, 06:52:35 AM
Miskien moet 'n mens 'n opmerking by so 'n plasing maak as jy daarop afkom.  Dat ander lesers kan sien watter pp die ou is. :icon_scratch:
Title: Re: Skimlesers
Post by: Ah Willa on December 19, 2012, 11:46:01 AM
 :angel4:  Dalk moet ons mekaar ook net laat weet as iemand ons woorde gaps ...
ek het nog nie op so iets afgekom nie .. maar as ek doen, sal ek dit hier kom deel by hierdie post  :hello2:
Title: Re: Skimlesers
Post by: Ah Willa on December 19, 2012, 11:51:03 AM
NS vir die gapsers wat hier kom gaps ... gaan asb eers na die link toe : http://en.wikipedia.org/wiki/Digital_forensics

Dis wel 'n tydsame en 'n duur proses, maar wel een wat in 'n hof sal getuie staan teen jou en as ek my maats se woorde moet help verdedig/of my eie - sal ek nie skroom om hierdie roete te volg nie ...

so, vra liefs, mag ek deel en gee herkening.

en kom kuier tog om hemels naam saam en laat jou eie talent groei!