Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: AB on August 29, 2012, 04:35:54 PM
-
maandag ogend toe lyk dit so
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Z0020.jpg)
maandag aand toe lyk dit so
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/z0021.jpg)
en so
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/z0022.jpg)
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/z0023.jpg)
dinsdagoggend het die dinge begin gebeur so in die mistigheid
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/z0024.jpg)
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/z0025.jpg)
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/z0026.jpg)
-
:hello:
Stadig, maar seker. Baie sterkte en mag die mensies wat bou vleuels kry en alles vlot verloop.
-
Dankie vir die deel AB. Ek is bly dinge is aan die gebeur. As 'n mens net eers 'n begin kan maak is die einde nie ver nie. Ons wag nog vir die konstruksie-ingeneur.
Ons sal graag nog wil sien.
Sterkte en voorspoed.
-
Sterkte en geniet mater!!! Dink dit gaan spiekeries lyk man.
-
nog 'n paar dae later. die fotos het ek vanoggend ( saterdag) geneem, en die hoop rommel is die week se uitbreek goed. die breek werk is min of meer klaar, nog so paar klein breek plekkies.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/huisbouery/z0028rommel.jpg)
die mure is van dinsdag tot donderdag staan gemaak.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/huisbouery/z0029.jpg)
vrydag oggend is die hout vloere uitgebreek en vrydagmiddag ete is die werk gestop want die groot reën het gekom.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/huisbouery/z0030.jpg)
dis die size van lateie wat ou mense gegiet het bo die deure en vensters met 7 stukke 10 mm ronde yster binne in.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/huisbouery/z0031.jpg)
dorp se kant van die huis.
daar is nog nie vensters in nie want ons gaan aliminuim rame insit wat agterna ingesit word.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/huisbouery/z0032.jpg)
moet maar sien wat hierdie week wat kom gebeur
-
Julle vorder fluks! Voor ons weet is julle klaar. Baie voorspoed en baie dankie vir die deel. Ek sou darem wat wou gee om net 'n begin te maak. Ons wag nog vir die groot "fight".
Hou ons op hoogte matertjie. Een van die dae is dit 'n paleis.
-
gelukkig het ons tot nou nog nie nodig gehad om te fight nie.
daar het vrydag klomp örigan pine"balke wat in baie goeie toestand is onder die vloer uitgekom. ek soek nou iemand om vir my daarvan meubels te maak. ons moet in elk geval meubels koop, kan seker maar daarvan laat maak vir memories en geskiedenis uit die ou huis.
-
Wonderlik om te sien hoe dinge besig is om te gebeur, steentjie vir steentjie!!
-
Dit is 'n uitstekende plan. As daar genoeg is kan 'n mens seker ook 'n houtpaneel teen die muur aanbring. Ek is mal oor hout en wil stuipe kry as mense dit verf.
-
Jammer dat ek nie verder vertel en gewys het nie, sal môre 'n paar kiekies moet neem. Die mure binne en buite is klaar, deur kosyne is in gesit, vloer is gegooi. Môre kom hulle dlak balke opsit, ek en vrou het al gaan teëls en badkamer goed soek. Dinsdag wil hulle die dak plate opsit.
die aliminuim vensters wat in die plek kom van id ehout vensters het ek bestel en hulle kan dit dlka volgende week vervang. Ons gaan al die hout vensters van die huis met aliminuim vervang.
Dan kan hulle die sitkamer en kombuis verf en die sitkamer mat vervang en dan kan ons begin meubels koop want waneer hulle klaar is oet ons seker darem 'n kooi en mielieblare hê om op te slaap.
ek het besluit ek gaan ons bederf en in die kamer en kantoor onder mat verhitting sit asook in die hoof badkamer ondervloer verhitting.
ek gaan ook 'n lekker groot stort kan kry, 1 meter breed en 1,6 meter lank sonder 'n deur. Gaan 2 stort koppe insit, een van bo ander een so skuins van die muur af.
Toe ek kyk na stort koppe wys die man my 'n foto van 'n stort kop wat R150 000 kos, net die stortkop wat so baie kos.
Beneukgeit om so baie vir dit te betaal.
-
Ek is bly julle vorder so fluks. Sal graag nog foto's wou sien.
Ons het vanoggend 'n brief gekry van ons versekeraar dat hulle steeds, na die ingeneur se bevinding, slegs die oorspronklike aanbod sal betaal. Daarmee kan ons net 'n lekker vleisbraai reël, op voorwaarde elke ou bring sy eie drank. :icon_biggrin:
-
Ek is bly julle vorder so fluks. Sal graag nog foto's wou sien.
Ons het vanoggend 'n brief gekry van ons versekeraar dat hulle steeds, na die ingeneur se bevinding, slegs die oorspronklike aanbod sal betaal. Daarmee kan ons net 'n lekker vleisbraai reël, op voorwaarde elke ou bring sy eie drank. :icon_biggrin:
Demit dis swak, wat van die een wie die oorsaak is van di eramp moet hulle nie instaan vir die skade nie of hulle versekering?
-
Ons kan die inhoud van die kontrakteur se versekering eis omdat ons nie inhoudsversekering het nie.
Die groot vraag is: Kan ek die "kick plates" van die kaste by een versekering eis en die panele by 'n ander versekering? Dit maak nie vir my sin nie.
Ons sal die week 'n ombutsman soek en gaan raadpleeg. :dontknow:
-
Ja PM iets klnik nie lekker nie.