Hier kan almal kom woordjies, frases, of enige onderwerp plaas waardeur Raaitjie sal kom sif om in die woordskuur te verpak sodra sy weer kans sien.
Hier is 'n skakel wat werklik pragtige Afrikaanse inligting bevat. Onder andere is hier 'n lys van idiome van A-Z.
Ek het ook CJ Langenhoven se "quotes" hier gekry. Lees dit gerus.
Die naam is: And I quote. So gepas!
http://www.andiquote.co.za/idiome.html
Ekke liefffff dit!!!! :love7:
Ek plaas hierdie hier vir jou Raaitjie. Jy kan dit verpak waar jy dit graag wil hê.
http://www.proagri.co.za/oppiestoep/boer-se-lag/Jongman-soek-plaaswerk.html
Jongman-soek-plaaswerk
Het ervaring in:
• Die verkeerde perd opsaal
• Te veel hooi op die vurk laai
• 'n Eiertjie bylê
• Jongosse inspan
• Katte skiet
• Ou koeie uit die sloot grawe
• Met die hele mandjie patats uitkom
• Deur die wingerd loop
• Wrange vrugte pluk
• Die put demp as die kalf verdrink is
• Die room afskep
• Op eiers loop
• Balke saag
• Twak verkoop
• Appels swaai
• Wys waar Dawid die wortels begrawe het
• Pêrels voor die swyne werp
• Met anderman se kalwers ploeg
• Met die hoenders gaan slaap
• Die bul by die horings pak
• Vir wolf skaapwagter maak
• Gods water oor Gods akker laat loop
– Dom Boer
Dit is kostelik! Duisend dankies mater vir die ene. Hy is nou uitgestal op 'n rak in ons eie woordskuur:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2510.msg16443#msg16443
Dankie Raaitjie, ek kan nie wag vir Naas nie. Hy gaan natuurlik nog 'n paar kom byvoeg. :hello2:
Dalk is hier nog iemand wat wil kom saamspeel.
Plekke geboek vir Naas se wyshede en dalkies ander maters sin ook :book1:
In die woordmandjie vanoggend, AB se kostelike uitdrukking vir die 'instrument' wat gebruik word in 'hurling': Paplepel......mmm hokkiestok met 'n groot kop.
:book1: :notworthy: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3835.msg24624;topicseen#msg24624