Soms lees ek die mooiste woorde raak wat soos modelle op loopplanke pronk. Hier is een van hulle wat die woorddief altyd sal bybly:
Naas: Wingerdkanker - Alkolisme
dis pragmooi, in betekenis soos die stiltes tussen storiereƫls, so is dit agter hierdie woord.
:grommit:
Moet dan ook nie jou "loopplankwoorde" vergeet nie. Uitstekend.
Weet nie hoe alom bekend die volgende loopplank-uitdrukking is nie maar toe Outop se nig Ria so verwys na daardie ekstra kilogramme wat na vakansie saam huistoe gaan, was dit vir my kostelik: 'Vakansiespek' :icon_biggrin: :headbang:
briljant!
Pragtig.
'n Mens moet sulke woorde afskryf, want ten tyd jy dit op die forum wil plaas het jy dit vergeet!
Goeiste, amper 1500 keer gelees.
Ek sien nou toe jy noem hoeveel keer dit alreeds gelees is! Vanoggend het iemand hier kom gaps :icon_biggrin: :book1:
Ek sien so, maar ons deel mos graag. Dit is net nie mooi om te vat sonder om dankie te seg nie.