Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 07, 2012, 12:37:22 AM

Title: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2012, 12:37:22 AM
Soms lees ek die mooiste woorde raak wat soos modelle op loopplanke pronk. Hier is een van hulle wat die woorddief altyd sal bybly:

 Naas: Wingerdkanker - Alkolisme
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: adele on June 07, 2012, 06:21:25 AM
dis pragmooi, in betekenis soos die stiltes tussen storiereƫls, so is dit agter hierdie woord.

 :grommit: 
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: PM on June 07, 2012, 01:09:40 PM
Moet dan ook nie jou "loopplankwoorde" vergeet nie.  Uitstekend. 
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: Meraai vannie Baai on February 04, 2017, 12:18:22 AM
Weet nie hoe alom bekend die volgende loopplank-uitdrukking is nie maar toe Outop se nig Ria so verwys na daardie ekstra kilogramme wat na vakansie saam huistoe gaan, was dit vir my kostelik: 'Vakansiespek'  :icon_biggrin: :headbang:
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: adele on February 04, 2017, 09:59:01 PM
briljant!
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: PM on September 20, 2017, 02:19:19 PM
Pragtig. 
'n Mens moet sulke woorde afskryf, want ten tyd jy dit op die forum wil plaas het jy dit vergeet!
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: PM on February 02, 2018, 11:22:44 AM
Goeiste, amper 1500 keer gelees.
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: Meraai vannie Baai on February 02, 2018, 11:26:28 AM
Ek sien nou toe jy noem hoeveel keer dit alreeds gelees is! Vanoggend het iemand hier kom gaps  :icon_biggrin: :book1:
Title: Re: Loopplankwoorde: mooiste woorde (007)
Post by: PM on February 02, 2018, 11:40:38 AM
Ek sien so, maar ons deel mos graag.  Dit is net nie mooi om te vat sonder om dankie te seg nie.